Geloofsverklaring
Ons glo dat die Bybel die geïnspireerde, onfeilbare, outoritatiewe Woord van God is.
Ons glo in 'n letterlike interpretasie van die Skeppingsverhaal soos opgeteken in Genesis 1-3.
Ons glo dat daar een God is, ewig aanwesig in drie persone: Vader, Seun en Heilige Gees. Hy is die God van die Bybel. Hy is die Vader van Jesus Christus en Hy is die God van Abraham, Isak en Jakob.
Ons glo in die Godheid van Jesus, in Sy maagdelike geboorte, in Sy sondelose lewe, in Sy wonderwerke en in ons verlossing deur Sy vergote bloed.
Ons glo in Jesus se liggaamlike opstanding, in Sy hemelvaart, en in Sy sit aan die regterhand van die Vader en in Sy spoedige terugkeer as die Koning van die hemel en die aarde.
Ons glo in die wegraping van die ware gelowiges in Jesus Christus uit hierdie wêreld uit, wat in ‘n oorwink gaan gebeur voor die verdrukking van die eindtyd.
Ons glo Jesus sal terugkeer met Sy bruid (Sy Kerk wat voorheen weggeraap is) om oor hierdie aarde vanaf Jerusalem te regeer vir 'n duisend jaar, en dat Hy vrede, geregtigheid en regverdigheid sal bring.
Ons glo dat wedergeboorte deur die Heilige Gees absoluut noodsaaklik is vir die redding van verlore en sondaar mense.
Ons glo in die teenwoordige bediening van die Heilige Gees, deur wie se inwoning die Christen in staat gestel word om 'n goddelike lewe te leef.
Ons glo in die opstanding van beide die gereddes en die verlore, die gereddes tot die opstanding van die lewe en die verlore tot die opstanding van die veroordeling.
Ons glo in die geestelike eenheid van alle gelowiges in ons Here Jesus Christus.