2023-03-02

Die Heilige Gees in die Eindtye

Die karakter en rol van die Heilige Gees in voorbereiding vir die terugkoms van Jesus.

Deur Dr. David R.Reagan

Aan die begin van die 20ste eeu, ‘n honderd jaar gelede, was die Heilige Gees nie lewend in die Kerk gewees nie. Christendom was vasgevang in die teologie van Deïsme. Deïsme is die geloof dat wonderweke nie meer plaasvind nie, dat alle aspekte van die bonatuurlike (soos engele en demone) tot ‘n einde gekom het, en dat God 'n groot ou man in die lug is, wat bes beskryf kan word as “Die Groot Ek Wat Was.”

'n Misleidende Leerstelling

Die Kerk is mislei om 'n teologiese argument aan te neem wat veroorsaak het dat die Heilige Gees se vuur onderdruk is. Hierdie argument was gebaseer op 'n stelling in 1 Korintiërs 13:10 : 

“Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.”

(“…wat ten dele is” verwys na profesie, tale en kennis.)

Daar is aangevoer dat die “volmaakte” die voltooiing van die volmaakte, onwrikbare Woord van God was. En verder, dat alle bonatuurlike gawes van die Gees, sowel as ander manifestasies van die bonatuurlike, tot ‘n einde gekom het met die voltooiing van die Nuwe-Testament, rondom 95 n.C.

Daarby is tot die argument gevoeg dat gawes van die Gees slegs deur die Apostels, deur die oplegging van hande, aan ander oorgedra kan word. Daarom, toe die laaste Apostel gesterf het (Johannes, in ongeveer 95 nC), het die gawes volgens hulle, opgehou.

Gebrekkige argumente

Die argumente was goed uiteengesit, maar vol van foutiewe denke. Dit het onderandere nie ooreengestem met die ervaringe van Christene oor baie jare nie. Dwarsdeur die kerk geskiedenis is daar oorvloedige bewyse van geestelike gawes wat ervaar was deur die klein hoeveelheid mense wat daarin bly glo het. Daar was ook groot ontploffings van die bonatuurlike, soos in die kampbyeenkomste aan die Amerikaanse grens in die vroeë 1800's.

Die argument wat gebasseer was op 1 Korintiërs 13:10 het die kontekstuele betekenis van die woord “volmaakte” nie in ag geneem het nie. In konteks verwys die woord na die wederkoms van Jesus. Dit word duidelik gemaak in vers 12: 

“Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.”

Die argument het ook die leering van 1 Korintiërs 1:7 geïgnoreer, wat dit duidelik stel dat al die gawes van die Gees opereer totdat Jesus weer terugkom:

“…sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,”

Ten slotte was die argument aangaande die Apostels wat die gawes aan ander oorgee, vals. Dit kon lei daartoe om die gawes van die Gees in gawes van die Apostels te verander. Die Apostels kon hulle hande op mense lê en bid dat hulle sekere gawes sal ontvang, maar die gawes het van die Heilige Gees gekom, nie van die Apostels af nie. Verder, elke mens ontvang ten minste een bonatuurlike gawe van die Gees waneer hulle gered word (1 Korintiërs 12:4-11). Paul het dit so gestel:

“Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.” (1 Korinthiërs 12:7).

'n Belangrike profesie

Die anti-Heilige Gees mentaliteit van die Kerk in 1900 het ook die duidelike leering van Bybelprofesie geïgnoreer, wat sê dat die eindtye gekenmerk sal word deur 'n groot uitstorting van God se Gees. Die belangrikste bybel verse hieroor word gevind in Joël 2:28-29:

“En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees,

en julle seuns en julle dogters sal profeteer,

 julle ou mense drome droom,

julle jongelinge gesigte sien.

 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde

sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.”

Die Kerk se standpunt in 1900 was dat hierdie profesie op Pinksterdag in 31 n.C. vervul is en nie meer van toepassing was nie. Dat die “laaste dae" met Pinkster begin het toe die Kerk gestig is (Hebreërs 1:2 en 1 Petrus 1:20). Dit is ook uitgewys dat die Apostels self hierdie vers van Joël aangehaal het toe hulle gevra is wat aangaan toe hulle “…begin spreek in ander tale” (Handelinge 2:4 ).

 

Meer gebrekkige argumente

Weereens, hierdie argumente oor Joël 2:28-29 het die konteks van die gedeelte geïgnoreer. Let daarop dat die gedeelte met die woorde, “En daarna sal…” begin. Na wat? As jy terug gaan na verse 18 tot 27, sal jy sien dat die hoofstuk praat oor die her-bymekaarmaking en hervestiging van die Jode in die land van Israel – iets wat nie plaasgevind het tot die 20ste eeu nie.

Die voorafgaande verse praat ook van die uitstorting van die Gees simbolies as die “vroeë reëns en laat reëns” (Joel 2:23), wat verwys na die twee reën seisoene van Israel. Met ander woorde, die profeet het gesê dat daar sal twee groot uitstortings van die Gees wees. Die “vroeë reëns” was op Pinkster en het voortgegaan deur die hele vroeë geskiedenis van die Kerk, soos opgeteken in die boek van Handelinge. Die “laat reëns” sal die terugkeer van die Messias direk voorafgaan. Dit word weer duidelik gemaak in verse 30-31: 

“En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom..”

Hierdie is 'n klassieke voorbeeld van die tipe taalgebruik rondom die wederkoms van die Messias.

Ja, die Bybel praat van die Kerktydperk as die laaste dae: 

“wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,.” (1 Petrus 1:20).

Waneer die vers verwys na Christene was beskerm word, is dit ook ‘n verwysing na Jesus se wederkoms en die laaste dae.

“…wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.” (1 Petrus 1:5)

en

“…sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;” (1 Petrus 1:7)

Ons is al in die “laaste tye” sedert Pinksterdag. Ons is nou in die laaste deel van die laaste tye.

Joël 2:28-29 het deels op Pinksterdag in vervulling gekom. Die res was nog in die toekoms, in die 1900, awagtend op die “laat reëns” wat een van die tekens sal wees van die Here se spoedige wederkoms.

'n Beweging van God

Die Kerk was sterk gekant teen die Heilige Gees aan die begin van die 20ste eeu. Maar God was gereed om op die toneel te bars met 'n groot beweging van die Gees om die weg voor te berei vir die terugkeer van Sy Seun. Dit het begin in Januarie 1901, by 'n armoedige Amerikaanse skool in Topeka, Kansas, toe 'n student genaamd, Agnes Ozman, die gawe van tale ontvang het. 'n Jaar later het 'n groot Heilige Gees herlewing uitgebreek in die Engelse gebied van Wallis, gelei deur 'n merkwaardige jong man genaamd Evan Roberts. Toe, in 1906, het die Gees met groot krag op 'n tuisbyeenkoms in Los Angeles neergedaal. Die byeenkoms was gelei deur 'n swart prediker genaamd William J. Seymour.

By Seymour se byeenkoms het geestelike gawes gemanifisteer, skouspelagtige genesings het plaasgevind, mense was so heeltemal oorkom deur die teenwoordigheid van die Gees dat hulle op die grond neergeval het, en sondaars is gered. Die byeenkoms het vinnig gegroei en moes na 'n ou gebou in Azusa straat skuif. Daar is elke dag, drie keer per dag, vir amper vier jaar, gepreek!

Die Azusa straat byeenkoms het geboorte gegee aan die Pinksterbeweging. Die laat reëns het begin. Maar die impak hiervan was klein in die Christendom as geheel. Die mense wat die Pinksterbeweging gevolg het is afgeskryf as “Holy Rollers” en hulle godsdiens was gesien as slegs vir bygelowige en onopgevoede mense. Maar hulle het die weg gebaan vir 'n herontdekking van die Gees.

Die Laat Reëns

Die laat reëns het eers in 'n stortreën ontaard ná die herversameling van die Joodse volk terug na Israel (1900 -1945) en die herinstelling van die staat (14 Mei 1948). Toe, net soos Joël geprofeteer het, het die hemel oopgegaan en die stortreën neergeval – eers met die salwing van Billy Graham se bediening in 1949 en toe met die ontstaan van die Charismatiese Beweging in die 1950's en 60's.

Vandag is baie van Christendom vasgevang in die Derde Golfbeweging wat uit die Charismatiese Beweging in die 1970's en 80's ontstaan het. Dit bestaan uit kerke wat die bediening van die Heilige Gees ten volle erken, insluitend die belangrikheid van aanbidding wat gelei word deur die Gees, die voortgaande geldigheid van die geestelike gawes, die realiteit van geestelike oorlogvoering, en die belangrikheid van 'n Geesgevulde lewe om daardie oorlogvoering te wen. Maar, anders as die Pinkster en Charismatiese Kerke, lê die Derde Golfbeweging nie klem op die gawe van tale as die teken dat iemand gedoop is in die Gees nie.

Verwarring oor die Gees

Die 20ste eeu was die eeu van die herontdekking van die Heilige Gees. Tog, wydverspreide onkunde en verwarring oor die Heilige Gees is steeds deel van die Kerk. 'n 1997 Navorsings peiling deur die Barna Research Group het getoon dat slegs 40% van Amerikaners in die bestaan van die Heilige Gees glo (teenoor 90% wat in die bestaan van God glo). Maar wat selfs meer verstommend was, was die reaksie van “wedergebore Christene”. Meer as 5 uit 10 wedergebore Christene (55%) het saamgestem dat die Heilige Gees ‘n simbool van God se teenwoordigheid of krag is, maar nie ‘n lewende wese nie! Dit blyk dat Christene gebreinspoel is om te glo dat die Heilige Gees 'n onpersoonlike krag soos "The Force" in Star Wars is.

Waarom is daar so baie voortdurende verwarring oor die Gees? Ek dink dit hou deels verband met die selfuitwissende rol van die Gees. Soos ons later sal sien, is een van die primêre rolle van die Gees om mense na Jesus as Verlosser en Here te wys. Hy trek nie aandag na Homself toe nie. Hy werk agter die skerms. Nog 'n faktor hou verband met die baie simbole wat van die Gees in die Skrif gebruik word — dinge soos wind, reën en vuur. Hierdie simbole blyk na 'n onpersoonlike krag.

Ons Skepper-God is aan ons as ons Vader geopenbaar. Dit is 'n konsep wat ons kan begryp. Jesus het 'n menslike liggaam aangeneem en onder ons geleef. Ons het biografieë oor Hom wat deur ooggetuies geskryf is. Maar vir die meeste mense is die Heilige Gees ‘n vae entiteit wat moeilik is om te begryp. Om die konsep regtig te verstaan voel bykans onmoontlik vir baie mense.

Die identiteit van die Gees

Kom ons kyk vir 'n oomblik na die identiteit van die Heilige Gees. Die eerste ding wat jy in gedagte moet hou, is dat die Gees nooit na verwys word as 'n "dit" nie.  Die Gees is nie 'n lewelose voorwerp nie. Die Gees is nie, byvoorbeeld, die Bybel nie, soos sommige beweer. Die Gees is wel intiem verwant aan die Bybel omdat dit die Gees was wat die skrywers van die Bybel geïnspireer het (2 Timoteus 3:16). Die Bybel is die “swaard van die Gees”, nie die Gees self nie (Efesiërs 6:17). Die Gees werk deur die Bybel om mense na Jesus te trek, alhoewel die werk van die Gees nie beperk is tot die getuienis van die Skrifte nie. Die Heilige Gees kan direk tot ons gees getuig (Romeine 8:16).

Die Heilige Gees is 'n persoon. Die Gees word altyd na verwys in die Skrifte as “Hy”. Jesus het verwys na die Gees toe hy gesê het dat Hy, wanneer Hy weggaan, 'n “Helper” (“Paracletos” in Grieks, wat 'n helper of intersessor beteken) gaan stuur. Jesus het bygevoeg,

“Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel” (Johannes 16:7-8).

Vir Jesus was die Heilige Gees “Hy” en nie “dit” nie. 

Die Bybel sê dat aan die Heilige Gees gelieg kan word (Handelinge 5:3-4). Dit sê ook dat die Heilige Gees geblus (1 Tessalonisense 5:19) en bedroef (Efesiërs 4:30) kan word. Dis karaktereienskappe van 'n persoonlikheid. Jy kan nie aan 'n stoel lieg nie, of 'n muur uitblus nie, of 'n liglampie treur nie.

Die Heilige Gees is die bonatuurlike teenwoordigheid van God in die wêreld vandag. Paulus het dit so gestel: “Die Here is die Gees” (2 Korintiërs 3:17). Lukas het verklaar dat die Heilige Gees is “die Gees van Jesus” (Handelinge 16:6 -7). Petrus het die Heilige Gees gelykgestel aan God die Vader toe hy aan Ananias en Sapphira gesê het dat hulle vir die Heilige Gees gelieg het (Handelinge 5:3) en hy het ook bygevoeg, “Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.” (Handelinge 5:4). Soos daardie ou beginsel in meetkunde sê: “Dinge gelyk aan dieselfde ding is gelyk aan mekaar.”

Die Heilige Gees is een van die drie persone wat dié Een God uitmaak. Dit is die rede waarom aan ons gesê word om gedoop te word “in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees” (Matteus 28:19). As sodanig is Hy gelyk aan Jesus en die Vader, maar Hy speel 'n ander rol as hulle.

Die Werk van die Gees

Dit bring ons by die werk van die Gees. Die Heilige Gees het twee rolle — een teenoor die ongelowige en die ander binne die gelowige. Met betrekking tot die ongelowige, is die Heilige Gees, die Vader se Evangelis. Met betrekking tot die gelowige, is Hy die Vader se Pottebakker. Kom ons kyk meer volledig na hierdie twee rolle.

Jesus het die werk van die Gees, met betrekking tot ongelowiges, so opgesom. Hy het gesê dat die Heilige Gees “...sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel” (Johannes 16:8). Die Gees oortuig spesifiek die ongelowiges van hul sonde, maak hulle terdeë bewus van die geregtigheid van Jesus en die oordeel van Satan (Johannes 16:9-11). Die Bybel maak dit duidelik dat geen mens na Jesus kan kom apart van die getuienis van die Heilige Gees nie. Jesus het dit so gestel: “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie” (Johannes 6:44). En hoe trek die Vader ongelowiges na Jesus toe? Deur die Heilige Gees wat van Jesus getuig as die Vader se eniggebore Seun (Johannes 15:26 en Johannes 5:7).

Wanneer 'n persoon reageer op die getuienis van die Gees, deur Jesus as Here en Verlosser te aanvaar, is hy “wedergebore” (Johannes 3 :3), en die Vader gee aan hierdie persoon 'n baie spesiale verjaarsdaggeskenk — die Heilige Gees! Dis reg, die Heilige Gees hou dan op om aan die buitekant te wees en die persoon na Jesus toe te trek. In plaas daarvan, beweeg Hy dan in die persoon in en gaan woon in hom (Romeine 8:9). En waneer Hy dit doen, verander sy rol.

Die Gees in die Gelowige

Binne die gelowige, is die Heilige Gees, die Vader se Pottebakker. Sy rol is om elke mens te vorm na die beeld van Jesus (Romeine 8:29 en Galasieërs 4:19), ‘n proses waarna die Bybelverwys as heiligmaking (Romeine 6:22 en 2 Tessalonisense 2:13). Die Gees doen dit deur eerstens aan ons geskenke te gee. Elke persoon, wanneer hy of sy wedergebore word, ontvang ten minste een gawe van die Gees, en soms meer as een (1 Korinthiërs 12:4-11). En as ons goeie rentmeesters van ons gawes is, en dit gebruik om die Here se koninkryk te bevorder, kan ons dalk nog meer geskenke ontvang gedurende ons geestelike wandel saam met die Here.

Die Gees bewerkstellig ook Sy werk van heiligmaking deur ons te lei (Romeine 8:14), ons te vertroos (Handelinge 9:31), te versterk (Filippense 4:13 en 1 Johannes 4:4), vir ons te bid (Romeine 8:26-27), ons aan te moedig (Romeine 15:5), ons te verdedig (Lukas 12:11-12), en ons te verhelder terwyl ons die Woord bestudeer (1 Johannes 2:27).

Die werk van heiligmaking is ‘n lewenslange proses. Dit hou aan totdat ons sterf of ons weggeraap word om die Here in die lug te ontmoet. Die Heilige Gees wil aan ons werkskaf sodat ons meer en meer ingestel is op die beeld van Jesus, omdat die Vader volmaaktheid in ons lewe wil bewerkstellig (Jakobus 1:4 en 1 Petrus 1:13-16). Ja, Hy is 'n God van genade wat ons met al ons onvolmaakthede sal aanvaar, maar Hy begeer dat ons volmaak word (Matteus 5:48).

Dink so daaraan - wanneer 'n kind sy eerste stap neem, is sy pa baie bly. Maar geen pa gaan met daardie een tree tevrede wees nie. Hy sal nie tevrede wees totdat die kind kan loop en dan hardloop sonder om te val nie. Om hierdie rede word Christene die opdrag gegee: “...word met die Gees vervul” (Efesiërs 5:18).

Is jy gevul met die Gees? Is jy in die Gees gedoop? Loop jy in die krag van die Gees?

Die oorspronklike weergawe van hierdie artikel kan gevind word by https://christinprophecy.org/articles/the-holy-spirit-in-the-end-times/

CONTACT US
Get in touch
with our church

Send us a message

[fluentform id="1"]
Address
Cape Town
South Africa
Social
Subscribe to get Latest Updates and News
© Copyright Countdown to Christ 2023
Sitemap
cross linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram