Dink na oor die Ewigheid
Deur Dr. David R. Reagan
Een van die grootste staatsamptenare in die geskiedenis van Engeland was William Gladstone (1809 – 1898), wat gedurende die laaste helfte van die 19de eeu vier keer as Eerste Minister gedien het.
Gladstone was 'n toegewyde Christen wat altyd die kerk bygewoon het. Hy het ook as volwassene 'n Sondagskool klas aangebied. Trouens, sy doel vroeg in sy lewe was om 'n Anglikaanse kerkleier te word, maar ná sy graduering aan Oxford het sy hardkoppige pa daarop aangedring dat hy die politiek betree.1

Gladstone het kort voor sy dood 'n toespraak gelewer waarin hy vertel het dat hy besoek is deur 'n ambisieuse jong man wat sy raad oor die lewe gevra het. Die jong man het vir die ouer staatsman gesê dat hy hom meer bewonder as enige iemand anders wat nog lewe, en sy raad wou inwin oor sy loopbaan.2
'N MERKWAARDIGE ONDERHOUD
"Wat hoop jy om te doen wanneer jy jou studies aan die kollege voltooi het?" het Gladstone gevra.
Die jong man het geantwoord: "Ek hoop om regte te gaan studeer, meneer, net soos u het."
"Dit is 'n eerbare doelwit," het Gladstone geantwoord, " en wat dan?"
“Ek hoop om reg te praktiseer en 'n goeie naam vir myself te maak om die armes en die uitgeworpenes van die samelewing te verdedig, net soos u gedoen het.”
"Dit is 'n eerbare doel ," het Gladstone geantwoord. "En dan wat?"
"Wel, meneer, ek hoop om eendag vir die Parlement te staan en 'n dienaar van die mense te word, net soos u het."
“Dit is ook 'n eerbare hoop om te hê. En wat dan?" vra Gladstone.
“Ek sou hoop om met groot onderskeiding in die Parlement te kan dien, op 'n manier wat getuig van integriteit en ’n besorgdheid oor geregtigheid – net soos u dit gedoen het.”
"Wat dan?" vra Gladstone.
“Ek hoop om die regering as Eerste Minister te dien met dieselfde krag, toewyding, visie en integriteit as wat u dit gedoen het.”
“En wat dan?” vra Gladstone.
"Ek sou hoop om eervol af te tree en my memoires te skryf - soos u tans doen - sodat ander uit my foute en suksesse kan leer."
“Dit alles is baie edel,” sê Gladstone, “en wat dan?”
Die jong man dink vir 'n oomblik. “Wel, meneer, ek veronderstel dat ek dan sal sterf.”
“Dis korrek,” sê Gladstone. “En wat dan?”
Die jong man het verbaas gelyk. “Wel, meneer,” antwoord hy huiwerig, “ek het nog nooit daaraan gedink nie.”
“Jong man,” het Gladstone geantwoord, “die enigste raad wat ek vir jou het, is dat jy huis toe gaan, jou Bybel lees, en dink aan die ewigheid.”
GOEIE RAAD
Dink aan die ewigheid! Watter goeie raad. Die lewe gaan so vinnig verby. Dit is soos mis voor die son wat die een oomblik hier is en die volgende oomblik verdwyn. Ons is besig om ons voor te berei vir die ewigheid. Is jy gereed?
Of leef jy asof jy verwag om vir ewig te lewe? Is jy gefokus op hierdie lewe, vasbeslote om al die geld, mag en roem te versamel wat jy moontlik kan? Is jy soos die jong man wat Gladstone besoek het — is jy 'n persoon wat nog nooit aan die ewigheid gedink het nie? Indien wel, het die Woord van God 'n streng waarskuwing vir jou in Jakobus 4:13-15 :
Kom nou, julle wat sê : Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak - julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn. In plaas dat julle sê : As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.
DIE VLUGTIGE AARD VAN DIE LEWE
Hierdie gedeelte herinner my altyd aan 'n voorval wat 'n paar jaar gelede in my lewe plaasgevind het. ’n Dierbare vriend van my saam met wie ek in ’n Texas kollege klas gegee het, het my eendag gebel en vir my gesê hy is met prostaatkanker gediagnoseer.
"Die dokter het my net ses maande gegee om te lewe," het hy gesê.
Ek het vir hom gesê dat ek baie jammer is om die nuus te hoor, en het belowe om vir hom en sy gesin te bid. Toe het ek bygevoeg: "Maar hou in gedagte, ek kan voor jou dood wees."
“O? Het jy ook kanker?” het hy gevra.
“Nee,” het ek geantwoord, “dis net dat ek nie eers die belofte van een dag van lewe het nie, nog minder ses maande.”
Ons is almal geneig om te lewe asof ons vir ewig gaan lewe, terwyl die feit is dat ons almal sterflik is en enige oomblik kan sterf aan 'n duisend verskillende oorsake, natuurlik van aard of ‘n onvoorsiene ongeluk.
Ironies genoeg sê die Bybel vir ons dat ons moet lewe asof ons vir ewig gaan lewe - maar nie op hierdie aarde nie. Ons moet leef in voorbereiding vir die ewigheid, hopelik 'n ewigheid saam met God.
“...wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.” - Jesus in Johannes 12:25.
Heel waarskynlik is jy 'n wedergebore gelowige wat ernstig nagedink het oor die ewigheid, maar wat dit moeilik vind om 'n ewigheids perspektief te handhaaf. Jy vind jouself gedurig vasgevang in die probleme van die lewe, en die gevolg daarvan is stres, angs en selfs depressie.
Om met 'n ewigheids perspektief te lewe is een van die sleutels om as 'n oorwinnaar te lewe. Dit is 'n deug wat al hoe belangriker gaan word namate die samelewing aanhou disintegreer en Christene onder toenemende aanval kom.
Wat is die geheim om 'n ewigheids perspektief te behou? Baie van die antwoord hierop lê in jou houding oor hierdie wêreld.
JOU GESINDHEID TEENOOR DIE WÊRELD
Stop vir 'n oomblik en dink. Wat is jou houding oor hierdie wêreld? Is jy entoesiasties daaroor? Of voel jy ongemaklik daarmee? Is jy lief vir die wêreld? Of voel jy dikwels vervreemd daarvan? Is jy tuis in hierdie wêreld? Of voel jy soos 'n vreemdeling?
Daar is 'n ou “Negro spirituals” lied wat my altyd uitdaag om my houding teenoor die wêreld te ondersoek. Die eerste vers gaan soos volg:3
Hierdie wêreld is nie my woning nie,
ek is net 'n reiseger.
My skatte is weggebêre
Iewers anderkant die blou.
Die engele wink my nader
Uit die hemel se oop deur,
En ek kan nie meer tuis voel
In hierdie wêreld nie.
Druk daardie woorde jou gevoel oor hierdie wêreld uit? Watter woord sal jy gebruik om jou gevoel op te som? Ywerig? Angstig? Verlief? Vervreemd? Is jy gemaklik of voel jy nie op jou gemak nie?
MY GESINDHEID
Laat ek vir 'n oomblik jou toegeeflikheid vra terwyl ek my persoonlike gevoel oor hierdie wêreld deel. Die woord wat ek sou gebruik is “haat”. Ja, ek haat hierdie wêreld. Ek haat dit met 'n passie so sterk en so intens dat ek dit moeilik vind om dit in woorde uit te druk.
Laat ek my nou haas om my gevoel te verduidelik deur te sê dat ek nie God se pragtige en wonderlike skepping haat nie. Ek was bevoorreg om die majesteit van die Alpe te sien. Ek is verstom oor die ruwe skoonheid van Alaska. Ek hou nooit op om verstom te wees oor die kreatiewe wonders van God in die groot Amerikaanse Suidweste nie. Ek was geseënd om die ongelooflike skoonheid van Kaapstad, Suid-Afrika te sien. En ek is keer op keer oorweldig deur die skerp en amper mistieke kaalheid van die Judese Wildernis in Israel.
As ek sê dat ek hierdie wêreld “haat”, praat ek nie van God se skepping nie. Ek praat eerder van die bose wêreldstelsel waarin ons leef. Kom ek gee vir jou 'n paar voorbeelde van waarvan ek praat:
Ek hoop jy verstaan nou wat ek bedoel as ek sê: "Ek haat hierdie wêreld!"
JESUS SE OOGPUNT
Maar hoe ek persoonlik oor hierdie wêreld voel, is nie belangrik nie. Die deurslaggewende punt vir jou om te oorweeg is die Bybelse siening. Kom ons kyk daarna, en terwyl ons dit doen, vergelyk die Bybelse siening met jou eie.
Kom ons begin met die uitkyk wat Jesus vir ons gesê het ons moet hê. Dit is aangeteken in Johannes 12:25 -
“Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe."
Dit is sterk woorde. Dit is die soort woorde wat ons laat huil en dink: “Hy het tog nie bedoel wat Hy gesê het nie.” Maar die konteks dui aan dat Jesus presies bedoel het wat Hy gesê het. So, haat jy jou lewe in hierdie wêreld of hou jy daarvan?
DIE OOGPUNT VAN DIE APOSTELS
Die apostel Paulus het 'n baie sterk waarskuwing gegee oor om gemaklik met die wêreld te wees. In Romeine 12:2 het hy geskryf:
“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed.”
Hoe voldoen jy aan hierdie vermaning?
Is jy aan die wêreld gelykvormig? Het jy die wêreld se manier van aantrek aangeneem? Wat van die wêreld se manier van praat of die wêreld se liefde vir geld? Is jou doelwitte die doelwitte van die wêreld - mag, sukses, roem en rykdom?
Jesus se broer het hierdie saak in baie skerp taal uitgedruk. Hy het in Jakobus 4:4 gesê,
“weet julle nie dat vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God.”
Is jy 'n vriend van die wêreld? Is jy gemaklik met wat die wêreld in musiek, flieks, televisieprogramme en topverkoper boeke kan bied? Vriendskap met die wêreld is vyandigheid teenoor God!
Trouens, Jakobus stel dit selfs sterker as dit, want aan die begin van die gedeelte wat ek hierbo aangehaal het (Jakobus 4:4), het hy gesê dat diegene wat vriendelik is met die wêreld geestelike egbrekers is.
Die apostel Johannes maak dieselfde punt net so sterk in 1 Johannes 2:15-16 :
Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is - die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe - is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld .
Daar is geen manier om die ontnugterende werklikheid van hierdie woorde te ontsnap nie. Is jy lief vir die wêreld? Indien wel, is die liefde van die Vader nie in jou nie!
DIE FOKUS VAN JOU GEDAGTES
Paulus vertel ons hoe om daarteen te waak om gemaklik met die wêreld te raak. In Kolossense 3:2 sê hy,
“Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.”
In Filippense 4:8 spreek hy dieselfde vermaning in hierdie woorde uit:
Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is - watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
Soos hierdie verse aandui, is een van die sleutels om 'n triomfantlike lewe in Christus te lei - 'n vreugdevolle en oorwinnende lewe te midde van 'n wêreld wat oortrek is met wanhoop - om bewustelik te besluit om met 'n ewigheids perspektief te leef.
Wat beteken dit? In die woorde van Petrus beteken dit om te lewe as "bywooners en vreemdelinge" in hierdie wêreld (1 Petrus 2:11). Net so, in die woorde van die skrywer van Hebreërs, beteken dit om te lewe as "vreemdelinge en bywoners”. (Hebreërs 11:13) Paulus het in Filippense 3:19-20 geskryf dat ons nie ons gedagtes op aardse dinge moet rig nie, omdat ons burgerskap in die hemel is.

Die bekende Christelike skrywer, CS Lewis, het verduidelik dat om met 'n ewigheids perspektief te lewe, beteken "om te lewe as kommando's wat agter die vyandelike linies opereer en die weg voorberei vir die koms van die Opperbevelhebber."4
'N BYBELSE VOORBEELD
Daar is 'n kragtige Bybelse voorbeeld van wat kan gebeur wanneer 'n gelowige sy oë van die Here afhaal en op verbygaande dinge begin fokus, eerder as ewigheids sake. Dit word in Psalm 73 gevind.
Alle studente van die Bybel is bekend met Psalm 51 waarin Dawid sy sonde van egbreuk met Batseba bely het. Maar min is blykbaar bewus van Psalm 73 wat die belydenis van Dawid se aanbiddingsleier, Asaf, bevat.
In hierdie merkwaardige Psalm bely Asaf dat hy amper sy geloof verloor het toe hy sy ewigheids perspektief verloor het. Dit het gebeur toe hy iets gedoen het wat ons almal van tyd tot tyd geneig is om te doen - naamlik, hy het sy oë van die Here afgehaal en hulle eerder op die goddelose gerig. Toe hy dit gedoen het, het hy die voorspoed van die goddelose opgemerk en begin wonder of sy toewyding aan God werklik die moeite werd was (Psalm 73:1-3).
Het dit al ooit met jou gebeur? Dit het sekerlik al. Ek dink dit het al van tyd tot tyd met ons almal gebeur.
SUKKEL MET DIE VOORSPOED VAN DIE GODDELOSES
Dit is die einde van die maand, en die rekeninge moet betaal word. Jy sit by jou lessenaar en skryf tjek na tjek uit. Skielik bereik jy daardie minimum balans wat jy moet handhaaf om die daaglikse rekeninge van die nuwe maand te betaal - kos, petrol, klere, herstelwerk, ens. Maar jy het nog 'n stapel rekeninge om te betaal! Jy sug geïrriteerd en wonder wanneer jy ooit sal kan inhaal wat jy skuld.
Terwyl jy moedeloos na jou karige balans sit en staar, begin jy dink aan ’n vriend van jou by die werk. Hy is 'n ydele en goddelose man, met 'n vuil mond. Hy gee niks vir God om nie. Hy is ontrou aan sy vrou. Hy ignoreer sy kinders. Sport is sy obsessie en hy dobbel voortdurend. Tog lyk dit of hy nooit 'n bekommernis het nie. Hy woon in 'n pragtige huis, ry 'n spoggerige motor, en eet by die beste restaurante.
Jou hart begin vul met afguns en woede. Jy voel lus om uit te roep: “Here, ek dien U getrou, en al wat ek ooit in ruil kry, is moeilikheid. My kollega by die werk is 'n heeltemal beginsellose mens, en dit lyk of hy nie 'n bekommernis in die wêreld het nie! Wat is fout? Mors ek my tyd saam met U? Is my tiende 'n vermorsing van my geld? Is my getrouheid vir U van geen belang nie? Soos dinge nou lyk, kan ek net sowel die duiwel dien en bietjie genot uit die lewe kry!”
Klink dit bekend? Wel, dit is presies wat met Asaf gebeur het. Hy het sy ewigheids perspektief verloor, gekyk na die goddeloses, en homself begin verloor in selfbejammering (Psalm 73:2-3).
ASAF SE SONDE
Dit is verstommend hoe irrasioneel ons raak as ons toelaat dat selfbejammering ons denke oorneem. Toe dit met Asaf gebeur het, het hy oor die rykes begin fantaseer. Hy het vir homself begin sê dat hulle is "altyd op hulle gemak," hulle rykdom neem altyd toe, hulle het nooit die probleme wat ander mense het nie (Psalm 73:4-5,12). Dit alles is natuurlik volslae onsin. Trouens, die teenoorgestelde is waar. Die rykes is dikwels geneig om baie meer probleme as ander mense te hê. Byvooorbeeld - hulle moet voortdurend bekommerd wees oor hul geld - hoe om dit te beskerm en te vermeerder.
Dit was terwyl Asaf in hierdie fantasiewêreld vasgevang was dat hy 'n ernstige sonde teen God gepleeg het. Hy het die liefde en getrouheid van God gelaster deur uit te roep in Psalm 73:13-14:
“Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas. Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.”
ASAF SE DRAAIPUNT
Asaf was letterlik op die punt om sy geloof te verloor. Sy gees was verward en onrustig. Hy het met monsteragtige twyfel geworstel. Die stoeiwedstryd het voortgeduur totdat…
“Totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde [die einde van die goddelose] gelet het.”
(Psalm 73:17)

Asaf is op hierdie stadium verskriklik vaag. Hy vertel nie vir ons wat met hom gebeur het toe hy na die Here se huis gegaan het nie, behalwe dat sy ewigheids perspektief herstel is. Was dit 'n lied wat sy hart geraak het? Kon dit 'n skriflesing of 'n preek gewees het? Miskien was dit 'n woord van bemoediging van 'n oordeelkundige vriend. Dit kon selfs 'n dood in sy familie gewees het. Dit weet ons nie. Al wat ons vir seker weet, is dat iets sy hart geraak het en hom herinner het aan die ewige lot van die goddelose.
Hy sê dat hy daaraan herinner is dat die goddeloses instap by "gladde plekke" en dat God hulle enige oomblik kan laat ondergaan, meegesleur deur "verskrikkinge” (Psalm 73:18-19). Met ander woorde, Asaf is daaraan herinner dat die lewe baie onvoorspelbaar is - een oomblik hier en die volgende oomblik weg.
DIE IMPAK VAN DIE DOOD
Ek dink dit is die rede hoekom die dood van prinses Diana so 'n enorme impak op die wêreld gehad het. Hier was 'n vrou wat dit alles gehad het - alles wat die wêreld van droom. Sy het skoonheid, sjarme, rykdom, roem en invloed gehad. Sy het die "goeie lewe" gehad. Tog, in een skrikwekkende oomblik, het dit alles verdwyn. Sy was gereduseer tot gelykheid met ons almal - 'n sterflike persoon wat gegaan het om haar Skepper te ontmoet.
Dit was 'n ontnugterende gebeurtenis. Dit het die verganklike aard van die lewe beklemtoon. Ek is seker dit het baie mense vir die eerste keer in hul lewens laat stilstaan en oor die ewigheid laat dink.
Die Bybel sê dat die meeste mense in lewenslange vrees vir die dood leef. Trouens, die Bybel stel dit selfs sterker as dit.
Dit sê dat die meeste mense "uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe" (Hebreërs 2:15) is.
Dit is die rede wat maak dat 'n dood in die familie, of die dood van 'n vriend of 'n bekende, altyd so 'n impak het. Dit herinner ons aan ons eie sterflikheid, en dit aktiveer ons ewigheids perspektief.
ASAF SE GELOOF HERSTEL
Ek dink dit is interessant om daarop te let dat sodra Asaf se ewigheids perspektief herstel is, hy met twyfel teruggekyk het op sy geveg en hom verwonder het oor hoe dom hy was. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat hy was "dom en het niks geweet nie" soos 'n dier (Psalm 73:21-22).
Asaf het sy psalm afgesluit deur die Here te loof vir sy getrouheid in woorde wat herinner aan Paulus toe hy geskryf het:
“As ons ontrou is, bly Hy getrou; Hy kan Homself nie verloën nie” (2 Timoteus 2:13).
Asaf het sy herstelde prioriteite in onvergeetlike woorde uitgedruk in Psalm 73:25-28 -
Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op aarde nie.
Al beswyk my vlees en my hart - God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.
Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al U werke te vertel.
Die oplossing vir Asaf se geestelike angs was die herstel van sy ewigheids perspektief. Hy is daaraan herinner dat hierdie lewe maar kort is, en 'n dag van oordeel kom. Hy het besef dat hy dalk nooit geregtigheid in hierdie lewe sal sien nie, maar eendag sal geregtigheid seëvier. Hy het besef dat hy geroep is om deur geloof te lewe en nie deur te fokus op wat hy kan sien nie.
NOG 'N TOETS VAN GESINDHEID
Kom ek gee jou 'n laaste toets om te bepaal of jy met 'n ewigheids perspektief leef of nie: Hoe voel jy oor die Here se wederkoms? Dit is 'n toets wat finaal en verseker sal bepaal of jy verlief is op die wêreld of die Here.
Die gesindheid van die persoon wat verlief is op die wêreld kan die beste uitgedruk word in hierdie woorde: "Ek wil hê die Here moet terugkom, maar ..." Daar is altyd 'n "maar".
· "Ek wil hê die Here moet terugkeer, maar eers nadat ek 'n miljoen dollar gemaak het."
· "Ek wil hê die Here moet kom, maar ek wil hê Hy moet kom nadat ek 'n groot roman geskryf het."
· “Ek wil hê die Here moet kom, maar eers nadat ek die voorblad van Time gemaak het.”
· “Ek wil hê die Here moet kom, maar ek wil hê Hy moet kom nadat ek ’n groot kerk gebou het.”
· “Ek wil hê die Here moet kom, maar eers nadat ek 85 jaar oud is en alles ervaar het wat die lewe bied.”
Wat hierdie mense eintlik sê, is: “Ek wil hê Jesus moet kom, maar ek wil nie hê Hy moet my lewe deurmekaar maak nie!” Hulle is verlief op die wêreld.
Jy sien, wanneer jy verlief is op iemand, wil jy by hulle wees. Dit is 'n feit van die lewe. Kyk na mense wat pas verlief geraak het. Hulle wil heeltyd by mekaar wees. Wanneer hulle uitmekaar is, is hulle gedurig oor die telefoon besig om te praat oor wanneer hulle weer saam sal wees!
Dieselfde geld vir die Here. As jy Jesus waarlik liefhet, sal jy by Hom wil wees. Jy sal in gebed met Hom praat. Jy sal met Hom gemeenskap hê in Sy Woord en in aanbidding. Maar hierdie vorme van kommunikasie sal nooit jou verlange om in Sy teenwoordigheid te wees, om persoonlike, intieme gemeenskap met Hom te hê, van aangesig tot aangesig met Hom te wees, bevredig nie.
Jy sal soos Paulus wees, gewillig om in hierdie wêreld te bly om die Here te dien, maar smagtend na die dag wanneer jy met Hom verenig sal word, hetsy deur die dood of Sy wederkoms (2 Korintiërs 5:8 en Filippense 1:23-24).
'N PRAKTIESE VOORSTEL
Ek stel voor dat die volgende keer as jy jou ewigheids perspektief laat glip, jy van Psalm 73 onthou en dit lees. Wanneer jy klaar is, draai die syfers om en gaan na Psalm 37. Daar sal jy 'n kragtige opsomming vind van wat Asaf geleer het. Dit is 'n psalm van Asaf se mentor, koning Dawid.
Dawid sê,
“Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.” (verse 1-2).
Hy sê vir ons wat om eerder te doen:
“Vertrou op die Here, en doen wat goed is … verlustig jou in die Here” (verse 3-4).
Oor en oor waarsku hy ons om ons nie oor kwaaddoeners te bekommer nie, want hy sê die dag sal kom wanneer hulle "uitgeroei" (vers 9) word. In kontras sal "die wat op die Here wag" die "aarde besit" (vers 9).
WAT IS JOU GESINDHEID?
Is jy gefokus op hierdie wêreld? Is jy daaraan geheg? Of verstaan jy die feit dat jy net besig is om deur te trek, op pad na 'n ewige tuiste?
Hierdie lewe is verganklik. Hierdie lewe is slegs 'n inleiding tot die ewigheid. Die liedjieskrywer, Tillit S. Teddlie, het dit alles in perspektief gestel toe hy geskryf het:5
Die aarde hou geen skatte nie,
maar vergaan met gebruik,
hoe kosbaar hulle ook al is;
Tog is daar 'n land waarheen ek gaan:
die hemel hou alles vir my in.
Waarom sou ek verlang
na die wêreld met sy smarte,
wanneer in daardie huis oor die see,
Miljoene sing
Die wonderlike storie?
Die hemel hou alles vir my in.
Die hemel hou alles vir my,
helderder sal Sy heerlikheid wees;
Vreugde sonder maat
sal my skat wees:
Die hemel hou alles vir my.
Daar is 'n meer kontemporêre lied wat die hele essensie opsom van wat dit beteken om met 'n ewigheids perspektief te leef:6
Rig jou oë op Jesus,
Kyk vol in Sy vriendelike gesig,
Alle aardse kommer
Het so verdwyn
In die glans van Sy glorie en lig
'n Aantal jare gelede was ek geseënd om 'n groot man van God genaamd Leonard Ravenhill, 'n profetiese prediker van Engeland, te ontmoet. Na ons ontmoeting het ons kortliks gekorrespondeer. Net voor sy dood, in die laaste brief wat hy vir my gestuur het, het hy 'n klein kaartjie ingesluit wat 'n kort, een sin boodskap bevat het. Hy het my aangemoedig om die boodskap te memoriseer en dit daagliks uit te leef.
Dit was Julie 1988. Ek het nogsteeds die kaart. Dit is nou verweer en amper flenters, want ek het 'n punt gemaak daarvan om dit te alle tye in my hempsak te hou. Die boodskap wat daarop gedruk is, is eenvoudig, maar diep: "Here, hou my ewigheidsbewus."
NOTAS
Hierdie artikel is ‘n verkorte weergawe van 'n hoofstuk in Dr. Reagan se boek, Living for Christ in the End Times.
Die oorspronklike artikel kan gevind word by: https://christinprophecy.org/articles/living-with-an-eternal-perspective/
In hierdie artikel word die Ou Afrikaanse Bybel vertaling (1933/53) vir alle Afrikaanse bybel aanhalings gebruik.
WAAROM LY DIE REGVERDIGES?
Deur Dr. David R. Reagan
Twee dae voor Kersfees lui my foon, met die nuus dat 'n dierbare vriendin haar stryd met leukemie verloor het. Sy het vir amper vyf jaar verskriklik gely. Sy was 'n toegewyde Christen wat gedurende hierdie jare van lyding groot geloof geopenbaar het.
Kort na Kersfees het ek 'n brief van 'n radioluisteraar ontvang. Sy het 'n krisis in haar geloof in die volgende woorde uiteengesit:
Net ’n paar dae gelede is ’n baie goeie vriendin van my se ma buite haar kerk in die nek gesteek en vermoor. Die Skrif praat oor en oor van God se beskerming vir ons, maar tog het ek al verskeie kere verskriklike dinge met God se kinders sien gebeur. Dit maak my onseker oor wat presies God se beskerming vir ons beteken. Moet hierdie skrifte nie letterlik opgeneem word nie? Is hulle nie aan ons gegee om ons hoop te gee en ons aan te spoor om op die Here te vertrou nie?
Hebreërs 11:6 sê:
"As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon."
Daar is niks in die hele lewe wat geloof meer toets as lyding nie – beide aan die kant van die een wat ly en aan die kant van diegene wat moet aanskou hoe 'n geliefde ly.
Daar is altyd die geneigdheid om uit te roep: "Hoekom ek, Here?" Daar is altyd die versoeking om te doen soos Job se vrou voorgestel het – om God te vloek en te sterf (Job 2:9).
Lyding is paradoksaal. Dit het 'n manier om ons te maak of te breek. Dit kan 'n mens omskep in 'n bitter, depressiewe en wraaksugtige persoon wat sy tyd spandeer om sy vuis vir God te skud. Of, dit kan die teenoorgestelde effek hê; dit kan 'n mens dieper en nader aan die Here bring en daardie persoon meer volledig na die beeld van Jesus vorm.
Hierdie reaksie hang af van die kwaliteit van 'n mens se geloof. Soos Billy Graham dit altyd gestel het, "Dieselfde son wat die botter smelt, verhard die klei."
DIE VOORBEELD VAN JOB
Maar hoekom moet die regverdiges ly? Dit is 'n moeilike vraag. Die Bybel is vol van voorbeelde van regverdige mense wat geweldig gely het. Esegiël sê dat Job een van die drie mees regverdige manne was wat nog gelewe het. En tog, wie het al ooit gely soos Job?
Job se ongelooflike lyding is vererger deur sy sogenaamde vriende wat na hom toe gekom het en dit alles op sy sondes geblameer het. Hulle beskuldigings was ongeregverdig, want die heel eerste vers van Job sê hy was “vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy”.
Ongelukkig is die vriende van Job vandag springlewend en gesond, gretig om al ons terugslae - al ons lyding - op ons persoonlike sondes te blameer.
Later het 'n ander vriend van Job hom 'n gedeeltelik korrekte antwoord gegee op die rede vir sy lyding. Hy het gesê dit was met die doel om Job in geregtigheid te louter.
Ek noem dit 'n "gedeeltelik korrekte antwoord" omdat die Bybel duidelik leer dat lyding ons geestelik kan verfyn as ons harte werklik aan God oorgegee is.
Kyk na hierdie woorde van Paulus, 'n ander regverdige man wat baie swaar gely het (Romeine 5:3-4):
"...Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop;"
Job het gely om in geregtigheid gelouter te word. Maar daar was 'n ander, belangriker en uiteindelike rede vir sy lyding.
Terwyl Job voortgegaan het om uit te roep: "Hoekom ek, Here?" het die Here uiteindelik aan hom verskyn en op sy vraag gereageer met 'n lang reeks vrae:
Waar was jy toe ek die hemel en die aarde geskep het? Waar was jy toe ek die leeu laat ontstaan het met my woorde? Waar was jy toe ek die sterre in die ruimte gehang en hulle name gegee het? (Sien Job 38-41.)
Om op te som - die Here was besig om te sê: "Wie is jy om My te ondervra?"
God beantwoord nooit die vraag: “Hoekom ek, Here?” nie. In plaas daarvan roep Hy die vraagsteller op om op sy geloof te steun en te vertrou dat God die beste weet en dat alles ten goede meewerk vir diegene wat die Here ken (Romeine 8:28).
Dus, toe Habakuk uitgeroep het: "Hoekom ek, Here?" Het die Here geantwoord:
“...die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe”
(Habakuk 2:4).
Toe Paulus uitgeroep het: "Hoekom ek, Here?" Het die Here geantwoord:
“My genade is vir jou genoeg”
(Korintiërs 12:9).
Dit is moeilike antwoorde. Hulle roep ons op tot harde geloof - die soort geloof wat my vriendin so kragtig in haar lyding gedemonstreer het.
Daar is geen twyfel dat ons soms ly as gevolg van ons eie sondes nie. Maar baie van die lyding wat ons in die lewe ervaar, is weens ander redes.
· Ons ly omdat ons in 'n gevalle wêreld leef wat korrup gemaak is deur die sonde van die mens.
· Ons ly omdat lyding ons louter in geregtigheid.
· Ons ly omdat lyding ons weerhou daarvan om verlief te raak op hierdie bose wêreld en daarom ons help om 'n ewigheids perspektief te behou, wat ons herinner daaraan dat ons vreemdelinge moet wees wat slegs deur hierdie wêreld reis na 'n beter lewe in 'n nuwe, volmaakte wêreld.
· Ons ly omdat lyding ons motiveer om hard op die Here te steun en op Hom te vertrou soos ons nog nooit voorheen gedoen het nie.
· Ons ly omdat die geloof wat ons te midde van lyding toon eer en glorie aan God bring.
En, ja, ons ly vir redes wat net aan God self bekend is.
God belowe nooit dat die regverdiges nie sal ly nie. Maar wat Hy wel beloof aangaande lyding is iets groot. Hy belowe dat Hy saam met ons deur die lyding sal stap en ons die genade en krag sal gee om dit met oorwinning te hanteer. In Psalm 23 sê Hy dat Hy sal met jou wees, al gaan jy ook deur ‘n dal van doodskaduwee. In Jesaja 43 sê Hy dat Hy saam met jou deur die hoë waters sal gaan en saam met jou deur die vuur sal loop. As my vriendin nou met ons kon praat, is ek seker sy sal getuig dat God getrou was aan hierdie beloftes in haar eie lewe.
Maar laat ons in gedagte hou dat my vriendin nie alleen gely het nie. Haar man en kinders het saam met haar gely. En deur daardie gedeelde lyding het daar 'n dieper en meer betekenisvolle gemeenskap binne hul familie ontstaan.
Hulle tye saam te midde van die lyding was kosbaarder as ooit tevore. Hulle het saam gehuil. Hulle het saam gelag. Hulle het saam gebid. En deur dit alles het hulle meer lief geword vir mekaar. Hulle het ook geestelik gegroei.
My vriend se man en kinders sal nou ‘n spesiale tipe deernis hê teenoor diegene wat ly, op ‘n manier wat enige gevoel sal oortref wat hulle ooit sou kon ontwikkel het sonder hul eie ervaring van lyding. Hulle het deur die vuur gegaan, God het saam met hulle gegaan, en in die proses is hulle uniek voorberei om ander wat swaarkry te bedien. In die toekoms sal hulle die lyding van ander kan omhels en sê: "Ek weet hoe jy voel." En deur daardie eenvoudige daad sal hulle die liefde van Jesus op 'n besondere en unieke manier kan bedien.
Daar is een laaste punt wat ek graag wil maak - uit die skrif van vroeër, Romeine 5. Waar dit sê:
“ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop”
Hoe op aarde bring lyding uiteindelik hoop voort? Die antwoord is regtig baie eenvoudig. Terwyl ons in geloof op die Here steun tydens ons lyding, leer ons dat Hy getrou is aan Sy beloftes om by ons te wees en ons te onderhou en ons te vertroos en te versterk. Dit motiveer ons dan om nog groter geloof te hê in die beloftes wat Hy gemaak het oor die lewe wat kom – ons hoop dat ons opgewek en verheerlik sal word en vir ewig by ons Hemelse Vader sal lewe.
Daarom kon Paulus, waneer hy van die wederkoms van Jesus praat, met absolute vertroue sê in Romeine 8:18 :
“Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.”
Die oorspronklike weergawe van hierdie artikel kan gevind word by https://christinprophecy.org/articles/the-mystery-of-suffering/
In hierdie artikel word die Ou Afrikaanse Bybel vertaling (1983) vir alle Afrikaanse bybel aanhalings gebruik.
Deur Marko Kiroglu
REDDING & REGVERDIGING DEUR GELOOF
Regverdiging in die teenwoordigheid van God en verlossing van die gevolge van ons opstandige en sondige natuur is die behoefte van elke mens.
In Romeine 7 herinner apostel Paulus ons daaraan dat die hele mensdom met 'n sondige natuur worstel. Paulus was een van die mees geleerde manne van sy tyd. Hy het die wet van God en die Heilige Skrif baie goed geken. En steeds het hy gesê dat hy homself nie kan help met betrekking tot sy sondige menslike natuur nie. Ten spyte van al sy geleerdheid en diens aan die Here, het hy gesukkel met sy sondige natuur, sy sondige vlees. Dit is waar vir ons almal.
Ek wil jou hieraan herinner. Miskien sukkel jy met verskeie frustrerende sondige dinge in jou lewe, net soos Apostel Paulus. Jy weet wat reg is. Jy weet wat God van jou verwag. Jy weet wat die Bybel sê. Maar ten spyte van die feit dat jy dit alles weet, kan jy steeds nie heeltemal ophou doen wat verkeerd is nie, en jy versuim steeds om te doen wat reg is. Dit is die frustrerende en teleurstellende punt wat apostel Paulus maak in Romeine hoofstuk 7. Aan die einde van hierdie hoofstuk, nadat Paulus sy frustrasie verduidelik het, vra hy dan wie hom sal red van sy ellendige liggaam, van die ellendige vlees waarin hy woon? En dit is so waar vir elkeen wat in Jesus Christus glo.
As ons eerlik met onsself is, sal ons besef dat ons op presies dieselfde plek is as waar apostel Paulus was. Nie een van ons is in hierdie opsig beter as hy nie. Hoe meer ons die Bybel lees; hoe meer tyd ons saam met God spandeer - hoe meer leer ons oor die karakter van God en Sy standaarde. Van God se heiligheid en wat Hy van ons verwag. Maar hierdie kennis alleen kan ons nie outomaties transformeer nie. Aan die een kant leer ons van God en Sy verwagtinge, maar aan die ander kant sukkel ons steeds om daaraan te voldoen. Trouens, hoe meer ons probeer, hoe meer besef ons dat ons misluk. Dit is die probleem waarmee ons almal sukkel, net soos Paulus in Romeine hoofstuk 7.
En dan kom ons by Romeine hoofstuk 8. In die eerste vers van Romeine 8 lees ons dit:
“Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie”.
Hierdie vers, in die lig van die bespreking in hoofstuk 7, sê eenvoudig dat ten spyte van die feit dat ons nou weet wat God van ons verwag en ons nie aan God se verwagtinge voldoen nie, is ons nie onder veroordeling weens ons geloof in Christus nie. Met ander woorde, alhoewel ons wil doen wat reg is, kan ons nie aanhou doen wat reg is nie, in plaas daarvan hou ons aan doen wat verkeerd is, al haat ons wat verkeerd is. Ten spyte van hierdie groot stryd wat ons het met ons sondige natuur, sê Romeine 8:1 dat daar geen veroordeling meer is vir diegene wat in Christus is nie.
Dit pas perfek in by die narratief van die res van die Bybel. Voorheen het ons geleer – dat ons uit genade gered is, omdat Christus vir ons sondes aan die kruis gesterf het. Nie as gevolg van ons goeie werke nie. Nie as gevolg van ons godsdienstige volmaaktheid nie. Nie omdat ons sekere dinge beter doen as ander mense nie. Nee glad nie. Enige mens word gered deur geloof in Jesus Christus deur die genade van God soos ons lees in Efesiërs 2:8-9:
"Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.”
Verder, hier is wat God in Romeine 10:9-10 sê:
"As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.”
HEILIGMAKING & GOEIE WERKE VAN DIE HEILIGE GEES
Redding en regverdiging kom deur geloof in Jesus Christus, nie deur werke of godsdienstige volmaaktheid nie. Die gelowige moet egter, bo en behalwe redding en regverdigmaking deur geloof, ook deur heiligmaking gaan en die goeie werke en dade doen wat God van ons verwag. En dit, my vriende, daardie groot en wonderbaarlike werk van heiligmaking, kan slegs deur die Heilige Gees gedoen word. Geen mens kan deur sy eie godsdienstige pogings en prestasie homself heilig maak, of God behaag deur sy eie goeie werke nie. Selfs apostel Paulus kon nie daarin slaag om dit te doen nie, soos ons in Romeine 7 gesien het.
In Romeine 8 vanaf vers 2 tot 11 lees ons - as ons met die Heilige Gees wandel, as die Heilige Gees in ons woon en ons harte verander, sal ons die werke van die Heilige Gees kan begin doen.
Met ander woorde, heiligmaking is die werk van transformasie, of soos sommige sou sê, "vernuwing" wat die Heilige Gees verrig in gelowiges wat Hom toelaat.
Dit is baie belangrik. Dit is so diep, dat dit moeilik is om dit op te som. Basies sê hierdie 10 verse (Romeine 8:2-11) dat enigiets goed en mooi wat ons moontlik kan doen, eintlik is as gevolg van die Heilige Gees wat in ons is. Dis die Heilige Gees wat ons harte verander en ons lei om te doen wat goed is en dit wat vir God mooi is.
In Galasiërs 5 word ons weer daaraan herinner dat al die natuurlike werke van 'n mens sonde en rebellie is in die lig van God se heiligheid. Soos ons in Romeine 7 gesien het, selfs nadat mense gelowiges geword het, is die sondige menslike natuur steeds in totale rebellie teen God. Wanneer die Heilige Gees egter op 'n gelowige kom, hom vervul en die werk van transformasie in hom begin, eers dan kan hulle die vrug van die Heilige Gees begin voortbring. Let op na die bewoording in die verse hieronder, alles wat goed en aanneemlik is vir God is nie die werk van menslike vlees of menslike pogings nie, maar die vrug van die Heilige Gees.
Ek wil jou herinner aan Galasiërs 5:16-26:
“Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.
Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.”
Dit strook ook volkome met wat Jesus oor die Heilige Gees gesê het (Handelinge 1:8) en wat op Pinksterdag gebeur het (Handelinge 2). Selfs die apostels en eerste volgelinge wat saamet Christus gewandel, gesels en selfs 'n maaltyd met hom gedeel het, het nie die vermoë of die krag gehad om hulself te transformeer of om getuies van Christus te wees, totdat die Heilige Gees oor hulle gekom het nie. Toe die Heilige Gees gekom het, het hy die werk van transformasie in hulle begin en hulle ook bemagtig om die getuies van Christus te wees, met ander woorde om die goeie werke te doen wat God van hulle verwag het. Dieselfde waarheid geld vandag ook vir jou en my. Sonder dat die Heilige Gees in ons harte kom en werk, kan ons nie transformasie ervaar nie en ook geen goeie werke voortbring nie.
Niemand, selfs nie die gelowiges van Jesus Christus wat deur geloof en deur die genade van God gered en geheilig is nie, het die vermoë om God te behaag sonder die werk van die Heilige Gees in hulle hart nie. Dit is belangrik om te verstaan. Niemand kan God behaag deur hul eie godsdienstige dade nie. Nie een van ons kan doen wat reg is en wat goed is in die oë van God met ons eie pogings, ons eie godsdienstige dissipline of godsdienstige strengheid nie. Ons het nie wat nodig is om dit te kan doen nie. In plaas daarvan sal ons uiteindelik net doen wat verkeerd is en wat deur God verafsku word.
Maar die oomblik wat die Heilige Gees oor ons kom, en ons vervul, begin Hy in ons harte werk, geleidelik, stadig maar seker. Die Heilige Gees maak heiliges en dienaars van God uit sondige mense wat deur die genade van Jesus Christus gered is.
In die lig van hierdie waarheid kan jy sien dat die doop van die Heilige Gees, en daarna die leef deur die leiding van die Heilige Gees, 'n onontbeerlike deel van die lewe is van elkeen wat God wil behaag en heilig wil lewe .
Met ander woorde, geen ware heiligheid kan bereik word sonder die Heilige Gees nie. Alhoewel redding en regverdigmaking deur enige iemand deur geloof in Christus verkry kan word, kan heiligheid en welbehaaglike diens aan God verkry word deur die transformasiewerk van die Heilige Gees.
In hierdie artikel word die Ou Afrikaanse Bybel vertaling (1933/53) vir alle Afrikaanse bybel aanhalings gebruik.
Is dit simbolies of letterlik van aard?
Deur Dr. David R. Reagan
Moet asseblief nie mislei word deur daardie mense wat kom en sê: “Die boek van Openbaring is apokalipties; daarom kan jy dit nie verstaan nie.” Dit is 'n klomp snert — net snert. Ek het dit vir jare gehoor. “Dis apokalipties! Dis apokalipties!” Die woord het my my dood laat skrik. Dit het soos 'n siekte geklink.
Al wat die term beteken is dat die boek Openbaring 'n tipe profetiese literatuur is wat baie simbole gebruik. Omdat dit soveel simbole bevat, verklaar sommige mense die boek as 'n soort Alice-in-Wonderland-storie vir volwassenes en versprei hierdie lering. Deel van daardie benadering is om die beelde weg te verduidelik deur dit te vergeestelik om enigiets te beteken wat die aanbieder daarvan verlang. Die enigste beperking is die verbeelding. Dit is 'n ongesonde benadering.
Hou in gedagte dat simbole vir 'n spesifieke doel gebruik word. Hulle staan vir iets. Daar is 'n letterlike betekenis agter hulle. Hulle is nie sommer sonder rede deur die Heilige Gees gekies toe Hy die boek geïnspireer het nie, en hulle staan nie net vir enigiets wat ons mag begeer nie.
Neem Jesus, byvoorbeeld. In die Bybel word daar na hom verwys as die “Affodil van Saron” (Hooglied 2:1) Nou, Jesus is nie 'n affodil nie, maar die stelling dat Hy die "Affodil van Saron" is, kommunikeer iets wat werklik is oor Hom. Dit sê vir ons dat Hy pragtig is, dat Hy glansryk is, dat Hy wonderlik is, dat Hy die geestelike geur van God is. Hy word ook die "Brood van die Lewe" en die "Fontein van die Lewe" genoem. Elkeen van hierdie simbole word gebruik om 'n ander faset van Sy karakter te beklemtoon. Dink hoe onbehoorlik dit sou wees om na Hom te verwys as "die Tolbos van Texas"! Daardie simbool roep die beeld op van iets wat lelik en wortelloos is, onderhewig aan elke grille van die wind.
Dieselfde geld vir simbole regdeur die Bybel. Wanneer 'n simbool gebruik word, soek altyd die letterlike betekenis daaragter. God gebruik nie simbole lukraak nie, of trek dit net uit die lug uit asof hulle geen betekenis het nie.
Gebruik die Profesieë van Jesus se Eerste Koms as 'n Gids
As jy na apokaliptiese boeke in die Ou Testament kyk, soos die boek Sagaria, sal jy sien dat die Wederkoms profesieë wat in hierdie literatuur vervat is, presies beteken het wat hulle gesê het. Dit is 'n uiters belangrike punt, want die manier waarop die profesieë van Jesus se eerste koms vervul is, is die beste leidraad van hoe Wederkoms profesieë vervul sal word.
Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde uit die boek Sagaria. Die profeet het gesê dat die Messias op 'n donkie sou kom en dat Hy op daardie donkie Jerusalem sou inry. (Sagaria 9:9) Nou, ek is seker dat sommige van ons liberale teoloë vandag, as hulle geleef het voor die koms van Christus, daardie vers sou geneem het en gesê het: “Wel, natuurlik beteken hierdie vers nie wat dit sê nie. Dit is apokaliptiese literatuur. Alle apokaliptiese literatuur moet vergeestelik word. Die Messias kom beslis nie op 'n donkie nie. Dis simpel. Al wat die vers beteken, is dat Hy ’n nederige mens gaan wees.” En hulle sou heeltemal verkeerd gewees het. Die vers het beteken wat dit gesê het. Jesus het op 'n donkie gekom, presies soos geprofeteer in apokaliptiese literatuur (Matteus 25:1-9).
Sagaria het ook geprofeteer dat die Messias deur 'n vriend verraai sou word (Sagaria 13:6) vir dertig silwerstukke (Sagaria 11:12). Hy het gesê die Messias sal deurboor word (Sagaria 12:10) en dat Hy wonde in Sy hande sou hê (Sagaria 13:6). Al hierdie profesieë was letterlik, nie simbolies nie.
Oor die Messias se wederkoms, het Sagaria gesê - Hy sal terugkom na die Olyfberg en die berg sal in die helfte skeur wanneer sy voet die grond raak (Sagaria 14:4). Die Messias sal 'n bonatuurlike woord spreek en die Antichris en sy magte met 'n plaag vernietig (Sagaria 4:12). En in Sagaria 14:9 sê dit dat die Here daardie dag koning sal word oor die hele aarde. Ek glo daardie woorde beteken presies wat hulle sê.
Aanvaar die Eenvoudige Betekenis
Nog 'n sleutel om die boek van Openbaring te verstaan, 'n baie belangrike sleutel, is om die eenvoudige betekenis van elke gedeelte te aanvaar. Selfs as jy dit nie verstaan nie, is die beste reël om net die eenvoudige betekenis te aanvaar. My “Goue Reël van Interpretasie” wat ek regdeur die Bybel van begin tot einde gebruik, of dit nou ‘n profesie is of nie, is dit: “As die eenvoudige betekenis sin maak, moenie enige ander beteknis soek nie, of jy sal op eindig met nonsens.”
Omdat ek besef dat profetiese literatuur simbole bevat, gebruik ek nie graag die term, “letterlike interpretasie” nie. Ek verkies die term, "eenvoudige betekenis interpretation." Ja, daar is simbole, maar simbole het betekenisse. En wanneer simbole gebruik word, soek ek die betekenis daarvan. Weereens, as die eenvoudige betekenis sin maak, moenie enige ander betekenis soek nie, of jy sal met onsin sit!
Onthou, God skryf nie in raaisels om ons doelbewus te verwar nie. Hy weet hoe om te kommunikeer. Normaalweg sê Hy wat Hy bedoel, en Hy bedoel wat Hy sê. Probeer altyd om die eenvoudige betekenis te aanvaar. As jy dit nie verstaan nie, moenie daaroor bekommer nie. Sit dit wat verwarrend is opsy en hou vas aan wat jy wel verstaan. Moenie toegee aan die versoeking om 'n gedeelte uit mekaar uit te trek sodat dit kan vergeestelik word. En moet dit nie allegories voorstel nie. Dit is 'n ernstige ding om God se Woord nie met erns te hanteer nie.
Die vergeesteliking van die Skrif is eintlik 'n lasterlike daad. Die rede is dat wanneer jy God se Woord begin vergeestelik, jy God begin speel, want jy kan die Skrif laat beteken wat jy wil, eerder as wat God bedoel het.
Glo Wanneer dit Moeilik is
Die beste kommentaar wat ek nog ooit oor die boek Openbaring gelees het, is die The Revelation Record deur Dr. Henry Morris. Heel aan die begin maak hy 'n stelling wat my "Halleluja!" laat skree het. Hy sê: “Die boek Openbaring is nie moeilik om te verstaan nie. Dis net moeilik om te glo. As jy dit sal glo, sal jy dit verstaan.” Wat 'n diep insig! En dit is so waar. Moet dit nie vergeet nie.
Die aanvaarding van die eenvoudige betekenis is van toepassing selfs wanneer jy nie die gedeelte verstaan nie. Kom ek gee vir jou 'n voorbeeld. In Openbaring 9 sê dit dat in die eindtyd 'n leër van 200 miljoen uit die Ooste na Israel gaan optrek. In die tyd wat dit geskryf is was daar nie eens 200 miljoen mense in die wêreld nie. Kan jy jou voorstel hoe die vroeë lesers van die boek probeer uitvind het wat dit beteken? Vandag kan een nasie, China, 'n leër so groot teen Israel stuur. Sien jy wat ek bedoel om te aanvaar wat dit sê al verstaan jy dit nie?
Dit is een van die redes waarom ek nog altyd die skryfwerk van C.I. Scofield hoog geag het. Hy is die man wat in 1909 die heel eerste studie-Bybel bymekaar gesit het - 'n Bybel met verduidelikende aantekeninge.3 Hy het 'n letterlike interpretasie aan Esegiël 38 en 39 gegee en tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie hoofstukke profeteer dat Rusland, tesame met bepaalde bondgenote, Israel sal binneval in die eindtye. In kommentaar op hierdie interpretasie het hy gesê: “Ek verstaan dit nie. Ek kan dit nie verduidelik nie. Maar dit is wat dit sê. Daarom glo ek dit.”
Daardie stelling het baie geloof in die letterlike betekenis van die Woord van God vereis. Dink daaraan - in 1909 was Rusland 'n Christen-Ortodokse nasie en Israel het nie bestaan nie, en daar was ook geen vooruitsig dat Israel ooit sou bestaan nie!
Die Impak van Tegnologie
Moderne tegnologie het ons gehelp om baie profesieë te verstaan wat voorheen 'n raaisel was. Byvoorbeeld, in Openbaring 13 sê dit dat wanneer die Antichris geopenbaar word, hy vergesel gaan word deur 'n persoon bekend as die Valse Profeet. Hierdie Valse Profeet sal 'n beeld van die Antichris maak, en daardie beeld sal skynbaar lewendig word. Mense sal die beeld aanbid. Vir duisende jare moes mense wonder wat bedoel word met die verwysing na 'n beeld wat blykbaar lewendig is. Geleerdes het baie bladsye geskryf wat die gedeelte allerhande vergeestelikte verduidelikings gegee het. Vandag, met die tegnologie wat ons het, is dit glad nie moeilik om 'n robot- of digitale beeld te maak wat lyk asof dit lewendig is nie.
Veertig jaar gelede het ek na 'n teater by Disneyland gegaan. Toe die gordyn oopgaan, het ek 'n persoon wat soos Abe Lincoln gelyk het op die verhoog sien sit. Hy het opgestaan, na die rand van die verhoog gestap, sy jas se kraag vasgegryp en voortgegaan om die "Gettysburg-adres" te lewer. Die persoon was so lewensgetrou. Ek het gedink hy is 'n akteur. Hy was nie. Die persoon was 'n robot.
Die Bybel sê die Valse Profeet sal 'n beeld maak van die Antichris wat sal lyk asof dit lewendig word. Ek dink ons moet glo die Bybel bedoel wat dit sê.
In dieselfde hoofstuk van Openbaring, hoofstuk 13, word ons vertel dat elke persoon op aarde gedurende die tydperk van verdrukking vereis sal word om 'n merk van die dier (sy naam of nommer) op hul voorkop of op hul regterhand te hê om te kan koop en verkoop. Vir eeue was dit 'n profesie waarvan die duidelike betekenis moeilik was om te begryp. Maar nie meer nie. Vandag, met die soort tegnologie wat ons met rekenaars en lasers het, is so 'n merk iets wat wel moontlik sou kon wees. Nietemin, tot onlangs moes mense alleen net deur geloof aanvaar dat die gedeelte bedoel wat dit sê.
Nog 'n voorbeeld word gevind in Openbaring 11 waar dit sê dat gedurende die tydperk van verdrukking twee groot getuies van God vir drie en 'n half jaar lank sal getuig. Hulle sal magtige wonderwerke doen en dan deur die Antichris doodgemaak word. Hulle liggame sal vir drie dae in die strate van Jerusalem lê, en dit sê dat al die mense van die wêreld na hulle sal kyk. Dan, skielik, sal hulle opgewek word en na die Hemel opgeneem word. Nodeloos om te sê, voor die Sowjet Spoetnik in 1957, was daardie gedeelte moeilik om te verduidelik. Hoe kon die hele wêreld na twee lyke kyk wat in die strate van Jerusalem lê? Vandag is dit nie meer snaaks nie. Al wat jy moet doen is om 'n TV-kamera te neem, dit op hulle te rig en die uitsending na 'n satelliet te stuur. En dan, onmiddellik, kan die hele wêreld sonder enige moeite na daardie liggame kyk.
Opsomming
Mense het eeue spandeer om God se Woord weg te verduidelik bloot omdat hulle dit nie noodwendig verstaan het nie. Ek sê, neem die eenvoudige benadering. Aanvaar dat God wil kommunikeer, dat God weet hoe om te kommunikeer, en dat God sê wat Hy bedoel en bedoel wat Hy sê. Glo dat simbole vir iets letterliks staan, en aanvaar dit vir hul duidelike betekenis. Dan sal jy die boek Openbaring begin verstaan.
Studie hulpbronne vir die boek van Openbaring
1. An Overview of Revelation multimedia-opleidingstel gaan deur die boek van Openbaring vers vir vers.
2. Dr. Reagan se boek, Wrath and Glory , gaan deur die boek van Openbaring hoofstuk vir hoofstuk.
3. Dr. Reagan se videoprogram, Revelation Revealed , bied 'n omvattende oorsig oor die hele boek van Openbaring.
Die oorspronklike weergawe van hierdie artikel kan gevind word by https://christinprophecy.org/articles/the-interpretation-of-the-book/
In hierdie artikel word die Ou Afrikaanse Bybel vertaling (1933/53) vir alle Afrikaanse bybel aanhalings gebruik.
Is Openbaring profeties of geskiedenis?
Deur Dr. R. Reagan
Die boek van Openbaring verklaar self dat dit profeties is - “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees…” (Openbaring 1:3). Nog vier keer, in die laaste hoofstuk van die boek, word die boodskap as profeties verklaar (Openbaring 22:7, 10, 18&19).
Die vraag moet eintlik wees - “Is Openbaring vervulde profesie?” Ek het hierdie vraag beskpreek in ‘n artikel oor Preterism, so ek sal nie hier in detail gaan nie. Ek sal volstaan by - alles in die boek vanaf hoofstuk 4 vorentoe, is die toekoms wat nog moet kom. Die toekomstige aspekte word in hoofstuk 4 vers 1 bekendgestel, wanneer Johannes weggeneem is na die Hemel toe. Hy word ingelig dat aan hom gewys sal word “wat ná hierdie dinge moet gebeur.”
Die wat sê dat die profesieë van Openbaring klaar vervul is in die geskiedenis, kan dit alleenlik doen deur die boek te vergeestelik. Wanneer in die geskiedenis is een vierde van die mensdom doodgemaak in een oorlog? (Openbaring 6:1-8). Waar is die historiese rekord van 144,000 Jode wat ewe skielik gered en dan tot spesiale diens in die Here se koninkryk geroep is? (Openbaring 7:1-8). Was daar al ooit ‘n oorlog wat gelei het tot die slagting van een derde van die mensdom? (Openbaring 8 en 9). Was daar al ooit ‘n Springkaan inval, eg of simbolies, wat gelei het daartoe dat alle ongeredde mense aaklige pyniging vir vyf maande ervaar het, terwyl geredde mense immuniteit beleef het? (Openbaring 9:1-11). Waar in die geskiedenis is die twee getuies van Openbaring 11 of die twee diere van Openbaring 13?
Ek sou aan en aan kon gaan met hierdie lys, maar ek dink ek het my punt gemaak. Die profesieë van Openbaring wag om vervul te word.
Openbaring studie hulpbronne
Die oorspronklike artikel kan gevind word by: https://christinprophecy.org/articles/the-nature-of-the-book/
In hierdie artikel word die Ou Afrikaanse Bybel vertaling (1933/53) vir alle Afrikaanse bybel aanhalings gebruik.
God se Plan vir die Eeue
Deur Nathan E. Jones
Het jy geweet dat 'n yslike 31% van die Bybel is God wat openbaar hoe gebeure sal ontvou voordat dit gebeur? Ons Hemelse Vader wil hê dat Sy kinders moet weet wat die toekoms inhou!
God se profetiese Woord maak ons al vir meer as 40 jaar hier by Lamb & Lion Ministries opgewonde. En daardie opgewondenheid sal nooit minder word in die jare wat voorlê nie, want die Goeie Nuus en hoopvolle boodskap oor ons Verlosser se wederkoms, is wat ons passie vir evangelisasie aanwakker.
Ons wil hê dat jy ook daardie selfde passie ervaar en dat dit jou opgewonde sal maak! Dus het ek my mede-dosent van Bybelse profesieë, Todd Hampson van die Prophecy Pros-podcast, gebel, en ons het 'n lys saamgestel om sommige van die redes te deel waarom ons glo dat Bybelse profesieë bestaan. (Daar bestaan nog baie redes, so voeg gerus by die lys.)
1. Dit wys dat God die Waarheid praat
Bybelse profesieë is aan ons gegee om te wys dat God God is. Hy is die Hoof! Hy is die Een in beheer. Hy bestaan buite tyd. Hy weet alles. En dus, wat God ook al sê - dit kan jy as die waarheid aanvaar. Daarom is dit die eerste rede waarom Bybelse profesie aan ons gegee is, sodat ons volgens daardie waarheid kan lewe.
2. Dit Bewys dat die Bybel God se Woord is
Die tweede rede waarom God vir ons Bybelse profesieë gegee het, is om te bewys dat die Bybel God se woord is. Die feit is dat die Bybel die enigste boek is wat ooit geskryf is wat egte, vervulde profesieë bevat. Hierdie profesieë is vervul tot in die kleinste details! Vervulde Bybelse profesieë bewys dat die Bybel waarlik God se Woord is en daarom kan ons ons geloof en vertroue daarin plaas en in die Outeur daarvan.
3. Dit wys dat God in beheer is
'n Derde rede is om vir ons te wys dat God ten volle in beheer is. Hy is soewerein. Dit klink dalk na 'n groot teologiese woord, maar soewerein beteken dat God volkome in beheer is van elke enkele detail. Bybelse profesieë onderstreep daardie feit soos niks anders nie.
4. Dit Demonstreer God se Liefde
Die vierde rede waarom God vir ons Bybelse profesieë gee het, is om te demonstreer dat God ons liefhet en dat Hy 'n plan met ons lewens het. Ons sweef nie net rond op 'n groot draaiende bol in die buitenste ruimte met geen doel en geen betekenis, soos ateïste beweer, nie. God het 'n doel geskep vir elke persoon wat Hy ooit gemaak het, omdat Hy Sy kinders liefhet. God het ook 'n bestemming vir die gelowiges beplan. Hy wil hê dat ons vir ewig saam met Hom in die Hemel en op die Nuwe Aarde moet lewe. En so gee Hy vir ons profesieë om te wys hoe die wêreldgeskiedenis sal eindig met die gelowiges wat vir ewig saam met ons liefdevolle Hemelse Vader lewe.
5. Dit Beskryf God se Plan
Die vyfde rede handel oor die skeptici van Bybelse profesieë. Hoe hulle die profesieë verkeerdelik interpreteer as te algemeen, of te vaag, of te groot. Maar as jy dit van nader bekyk, verskaf God baie spesifieke besonderhede oor Sy plan vir die eeue. Hierdie plan wys hoe God besig is om die mensdom terug te bring in 'n regte verhouding met Hom sodat ons eendag in 'n geseënde tyd van vrede, geregtigheid en gemeenskap met ons Skepper sal woon. Bybelse profesieë kan baie spesifiek en baie doelgerig wees, want God verduidelik hoe Sy plan sal ontvou deur Sy profetiese Woord.
6. Dit Demonstreer God se Mag
Die sesde rede gaan oor ‘n eienskap van God - om magtig te wees. Die feit dat God die Vader Sy enigste Seun prysgegee het om vir die straf van ons sondes te sterf, sodat diegene wat hulle geloof in Jesus plaas verlos kan word, is werklik lofwaardig. Die belofte dat Jesus Christus eendag in mag en krag gaan terugkeer om Satan en sy trawante te verslaan, en te oorwin, en Sy koninkryk op te rig, behoort jou te laat opstaan en uitroep: "Halleluja!" Die almagtige God is alleen ons lof en aanbidding werd, en Bybelse profesieë wys vir ons hoekom.
7. Dit Bewys dat God Waardig is
Die sewende rede waarom God vir ons Bybelse profesieë gegee het, is om te demonstreer hoe groot God is en hoe piepklein ons in vergelyking is. Niemand is soos God nie. Daarom is Hy alleen waardig dat ons ons lewens leef deur Hom te probeer behaag deur gehoorsaamheid en liefdesdade. Al is God baie groter as ons, het Hy steeds 'n nut vir ons, en dit is om saamet Hom te dien en met Hom tyd te spandeer. Hoekom moet ons? Omdat Hy alleen ons gehoorsaamheid en lof werd is. Bybelse profesieë beklemtoon daardie feit.
8. Dit Belowe dat die Kwaad Gestraf Sal Word
Die agtste uitstekende punt behels hoe op hierdie aarde, die bose dikwels met sy misdade wegkom. Slegte mense doen slegte dinge, dikwels sonder om ooit gestraf te word. En tog beloof Bybelse profesieë dat geregtigheid op pad is. Daar is wel ‘n einde aan die boosheid in hierdie wêreld. Terwyl ons geduldig wag vir daardie glorieryke dag, gee God genadiglik die mensdom hierdie kort uitstel om 1) hulle tot Hom te bekeer, en 2) Sy genadige aanbod om 'n regte verhouding met Hom te hê, aan te gryp. Bybelse profesieë stippel die tydlyn uit vir daardie lang verwagte dag van geregtigheid.
9. Dit Berei ons voor om Reg te Maak met Hom
Die negende rede (en dis 'n pragtige rede en een waaroor ons net mal is) gaan oor hoe Bybelse profesieë God se genade toon. Ons Skepper laat ons voor die tyd weet wat gaan gebeur sodat ons met Hom reg kan maak. As God wou, kon Hy net die hamer op almal laat val, want ons is sondaars, en Hy is nie. Ons verdien om tot die hel gevonnis te word vir ons rebellie teen ons Skepper en vir die verbreking van Sy morele wet. Maar, deur God se genade en deur Sy liefde, laat ons Hemelse Vader ons voor die tyd weet wat Hy van plan is om te doen. Ons weet presies watter oordele kom, asook presies watter seëninge kom. Hy gun ons die tyd om voor te berei en met Hom reg te maak.
10. Dit Gee Ons Hoop
Die tiende en laaste rede in hierdie lys (alhoewel daar soveel meer redes is waarom God vir ons Bybelse profesieë gegee het) sou wees dat dit bedoel is om Christene hoop te gee. Die Here wil hê ons moet verstaan hoe die toekoms gaan uitspeel. Sekerlik, is daar laagtes in die lewe waardeur ons moet gaan, en vreesaanjaende tye kom, soos die Verdrukking, wat moeilik is om te verteer, maar profesie is bedoel om ons hoop te gee dat hierdie bose eeu sal eindig. Jesus sal terugkeer soos belowe is om Sy Kerk weg te raap voor die Verdrukking begin, dan sal Hy die bose oorwin, en uiteindelik sal Hy Sy duisendjarige koninkryk van vrede, reg en geregtigheid instel. Die wete dat ons as Christene se eindbestemming is om in die ewige lewe vir ewig in vrede met ons Skepper te woon, gee ons hoop.
Dus, Bybelse profesieë is bedoel om hoop aan die gelowige te gee omdat ons 'n groot toekoms voor ons het. Maar, Bybelse profesieë is ook bedoel om te dien as 'n waarskuwing aan die ongelowige oor die ewige lot wat hulle in die Poel van Vuur in die gesig staar. En so roep die Bybel ons almal op om te bekeer en Jesus Christus en Sy liefdevolle offer te aanvaar sodat ons met God versoen kan word en in daardie ewige hoop kan deel.
Jy stem waarskynlik saam dat mense sekerlik nou meer as ooit hoop nodig het. Soveel aaklige dinge is aan die gang in die wêreld. Mense moet ophou om hul hoop in die dinge van hierdie wêreld te plaas, of dit nou polities of finansieel is of wat ook al, wat 'n valse en vlietende gevoel van troos en stabiliteit verskaf het. Terwyl ons vinnig nader aan die glorieryke verskyning van ons groot God en Verlosser kom, is daar geen ander tyd in die geskiedenis wat meer dringend is om mense te roep om hul geloof en hoop op God alleen te stel nie.
God is volmaak. Sy beloftes is waar. Bybelse profesieë verseker ons dat God weet wat Hy met ons lewens en in hierdie vinnig-verbygaande wêreld doen. Ons kan 'n vaste hoop in daardie feit hê.
As jy nie vir Jesus Christus ken nie, dan is vandag die dag om Hom as jou Verlosser aan te neem en Hom Here van jou lewe te maak en so aanspraak te maak op daardie wonderlike hoop. As jy reeds vir Jesus as jou Verlosser ken, gaan voort om te groei in jou verhouding met Hom, deur heilig te lewe en evangelisasie te beoefen. Begin deur jou Bybel oop te maak. En, soos ons hoop jy pas geleer het, moenie die profetiese dele oorslaan nie.
Die oorspronklike weergawe van hierdie artikel kan gevind word by: https://christinprophecy.org/articles/10-reasons-why-bible-prophecy-exists/
‘n Uitdaging vir jou - berei voor vir Sy spoedige wederkoms.
Deur Dr. David R. Reagan
In die Bybel staan duidelik geskryf dat die samelewing agteruit sal gaan gedurende die eindtye, dat hulle net so vol van boosheid sal wees as in die dae van Noag (Matteus 24:37-39). Die Apostel Paul, wanneer hy in sy hoedanigheid as profeet praat, sê dat die samelewing sal afsink in ‘n swart put van immoraliteit, geweld, en paganisme (2 Timoteus 3:1-5). Hy voer aan dat mense sal “liefhebbers van hulleself wees, geldgierig en liefhebbers van genot”. Mense sal “grootpraters, trotsaards en onheilig” wees en kinders sal “ongehoorsaam aan hulle ouers” wees.
Dit klink amper soos die nuus saans op TV, of hoe? In kort, hierdie tyd het aangebreek, dis nou.
Tekens van die komende vervolging
Ons moet diep bekommerd wees oor hierdie verwikkelinge. Nie net omdat ons die vernietiging van ons geliefde nasie beleef nie, maar ook omdat beide Jesus en Paulus geprofeteer het dat wanneer hierdie dinge gebeur, die Kerk onder aanval sal kom en die individuele Christen vervolg sal word.
Jesus sê dat wanneer wetteloosheid vermeerder, “sal die liefde van die meeste verkoel” (Matteus 24:12). Hy sê dat menigte belydende Christene sal “tot struikel gebring word” in hierdie vyandige atmosfeer en sal dan deel word van die vervolging van hulle voormalige broers en susters in Christus (Matteus 24:10). Paul dui dieselfde ding aan wanneer hy sê dat mense sal “sonder liefde vir die goeie” wees en hulle sal daarom “wreed” en “roekeloos” word, beledigend teenoor die wat staan vir geregtigheid (2 Timoteus 3:2-4).
Ons sien deesdae hoe hierdie profesieë waar word voor one eie oë, reg rondom die wêreld. Soos ons kultuur meer en meer sekulêr en heidens geword het, het Christenskap, die kerk, en Christene al hoe meer aangeval geword as “intolerante haters”. Die aanvalle gaan vererger, en dit gaan al hoe moeiliker raak vir Christene om te staan vir geregtigheid. Werke sal verloor word. Loopbane sal vernietig word. Christene sal selfs tronk toe gestuur word wanneer hulle opstaan teen bose dinge soos homoseksualiteit, omdat dit as “haatspraak” bestempel sal word.
Wat dan moet die van ons wat lief is vir Jesus doen terwyl ons meer en meer bespotting, teistering, en vervolging vir ons geloof beleef? Hoe moet ons lewe vir Christus in die eindtye? Laat ek ‘n paar riglyne voorstel.
1) Orden Jou Prioriteite - Begin deur jou prioriteite te hersien en maak seker dat God eerste in jou lewe is. Wees eerlik met jouself. Nou is nie ‘n tyd vir speletjies speel nie.
Meeste Christene het toegelaat dat hulle prioriteite heel skeef getrek is. Gewoonlik is jou werk of loopbaan nommer een, familie tweede, en God dan derde of selfs vierde, agter een of ander obsessie soos sport of iets soortgelyks.
Vra jouself af: As God jou die kans sou gee om een versoek aan Hom te stel, wat sal dit wees? Sou jy vir geld vra? Mag? Roem? Sukses?
Salomo het vir wysheid gevra, maar Dawid het vir iets gevra wat soveel meer werd is - hy het vir intimiteit met God gevra (Psalm 27:4). En omdat hy God eerste geplaas het, verklaar hy in Psalm 27 dat hy nie die lewe (vers1) of dood (vers 13) vrees nie. Dit is ook die rede waarom hy onthou word as iemand wie God beskryf as “‘n man na my hart” (Handelinge 13:22).
2) Staan op die Woord - Die Bybel verklaar dat die eindtye ‘n tyd van misleiding sal wees (Matteus 24:24, 1 Timoteus 4:1, en 2 Timoteus 4:3-4). Die profesie word so vervul - deesdae word ons oorval met vals en aanloklike godsdienstige sisteme van Christelike kulte, Oosterse godsdienste, en die New-Age beweging.
Meeste belydende Christene is oop vir geestelike misleiding omdat die gemiddelde Christen nie seker is wat presies hy glo nie. En selfs wanneer hy kan verbaliseer wat hy glo, weet hy gewoonlik nie waarom hy dit glo nie. Dit lei daartoe dat Jehovah se getuies die gemiddelde Christen vinnig deurmekaar kan praat.
Enige iemand kan mislei word. Om jouself teen misleiding te beskerm is dit belangrik om die Woord te bestudeer en daarmee besig te bly op ‘n daaglikse basis. Toets ook alles teen die Woord (1 Johannes 4:1). Vir Katolieke gelowiges sal dit beteken om van leerstellings soos die vaevuur te laat gaan, wat geen basis in die Woord het nie. Vir Protestante sal dit beteken om waaksaam te wees teen die verdraaiing van bybelverse of die manipulasie van verse buite hulle konteks. Daar moet oor elke leerstelling deur die Bybel gesoek word, van Genesis tot Openbaring, om te kyk wat opgeteken is oor hierdie spesifieke onderwerp.
3) Glo in die Krag van God - Ek is oortuig daarvan dat meeste belydende Christene deÏste is. ‘n Deïst is iemand wat glo in ‘n onpersoonlike God wat nooit betrokke raak in die dinge van mense nie. Volgens Deïsme moet ons regkom met ons god-gegewe rede, ons talente en die wysheid van die geskrifte. Volgens deïste het God afgetree aan die einde van die Eerste Eeu, die bonatuurlike het opgehou en die tyd van wonderwerke het tot ‘n einde gekom.
Maar die Hebreeuse Geskrifte leer dat God nooit verander nie (Maleagi 3:6). En in die Nuwe Testament staan spesifiek geskryf “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Hebreërs 13:8).
Daar is geen manier wat ons in ons eie krag die boosheid van die samelewing in die eindtyd kan hanteer nie. Enige iemand wat dit so probeer aanpak sal verslaan word. Ons enigste hoop is om na ‘n God te draai wat waarlik lewendig is, wat steeds op die troon sit, wat gebede hoor en hulle antwoord, en wat steeds wonderwerke doen.
Ons moet besef dat die Bybel leer dat ons God met ons ongeloof kan beperk. Dit is ‘n groot paradoks. Dink hieroor na - alhoewel God almagtig is (Lukas 1:37), kan ons, wat in vergelyking magteloos is, steeds Sy krag deur ons ongeloof beperk. (Markus 6:1-6). Dis omdat God ‘n ware heer is. Hy forseer nie homself op ons nie. As ons op ons eie dinge wil probeer hanteer, dan sal Hy ons dit laat doen. Hy reageer wanneer ons in geloof na Hom toe uitreik. (Jakobus 1:6)
4) Hou vol in Gebed - Een van die grootste seëninge wat God gelowiges gegee het is bonatuurlike kommunikasie. God gee persoonlik vir ons om (1 Petrus 5:7), en Hy begeer om met ons te kommunikeer (Jakobus 4:8). Omdat Hy lief is vir ons begeer Hy opreg om tyd saamet ons te spandeer (Johannes 4:23).
Die tragedie is dat meeste belydende Christene blyk om gebed as ‘n laaste opsie te beskou - hulle draai slegs daarna wanneer alles anders nie gewerk het nie en die situasie desperaat geraak het. Sommige van hierdie onwilligheid om na God te gaan in gebed is as gevolg van trots, en dus vermaan die Bybel ons menigte kere om onsself te verootmoedig (1 Petrus 5:6). Ander maak nie staat op gebed nie as gevolg van ongeloof. Hulle dink dat God nie omgee nie, of anders dink hulle dat Hy nie meer aktief besig is tussen ons nie.
Maar die Bybel sê - “julle het nie, omdat julle nie bid nie” (Jakobus 4:2). Hoeveel seëninge van God het jy gemis omdat jy probeer het om dit self te hanteer? Die Bybel sê ook “Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag” (Jakobus 5:16). Beteken dit vir jou dat die krag van jou gebede afhang van jou geregtigheid? Want dit is nie wat dit beteken nie. As jy werklik wedergebore is, dan is jy ‘n regverdige persoon omdat jy geklee is in die geregtigheid van Jesus (Jesaja 61:10).
5) Vertrou op die Heilige Gees - Meeste belydende Christene blyk om bang te wees vir die Heilige Gees. Dit is gewoonlik omdat hulle kennis aangaande die Gees gebrekkig is. Daar is byvoorbeeld ‘n geneigdheid om die Heilige Gees af te skryf as ‘n tipe onpersoonlike krag - soos “The Force” in Star Wars.
Ons moet verstaan dat die Heilige Gees ‘n persoon is. Hy is die bonatuurlike teenwoordigheid van God in vandag se wêreld. Hy speel ‘n dubbele rol. Vir die ongelowige is Hy God se Evangelis. Hy is die een wat in mense se harte werk om hulle nader aan die Kruis en tot bekering te bring. Niemand word gered apart van die getuienis van die Helige Gees nie (Johannes 6:44 & 65).
Met betrekking tot die gelowige, is die Heilige Gees God se inwonende teenwoordigheid wat vir ons krag en leiding voorsien. Hy is ons instaatsteller. Hy is ook God se Pottebakker - een van Sy basiese verantwoordelikhede is om daagliks gelowiges meer en meer te vorm na die beeld van Jesus (2 Korintiërs 3:17-18).
Een van die ironië van die Christelike lewe is dat ons nie vir God kan dien in ons eie mag nie. Die enigste manier wat ons die Here effektief kan dien is om op die Heilige Gees, wat binne ons tuisgaan, se krag staat te maak. Dit is moonlik om die gees te bedroef en te blus (1 Tessalonisense 5:19 en Efesiërs 4:30).
Die Woord leer dat ons vervul met die Gees moet wees (Efesiërs 5:18). Dit kan net gebeur indien ons bereid is om die Gees vrye teuels te gee om die Here van ons lewens te wees. Meeste van ons is tevrede daarmee om hom net as ‘n inwoner in ons lewe te hê. Maar Hy wil nie net ‘n inwoner wees nie, Hy begeer om die president te wees.
Is dit die geval in jou lewe? Sit die Heilige Gees op die troon van jou lewe? Of word Hy as ‘n onwelkom gas gehanteer? Daar is geen manier om die druk van die eindtyd samelewing te weerstaan sonder om daagliks op die krag van God se Gees staat te maak nie.
6) Pas Tawwe Geloof Toe - Geloof kom maklik wanneer alles seepglad verloop. Wanneer goeie gesondheid en voorspoed ervaar word, is dit maklik om die Here te loof. Maar die toets van ons geloof kom wanneer ons lewensomstandighede moeilik is.
God het nie aan gelowiges ‘n roostuin belowe nie. Ons lewe in ‘n gebroke wêreld. Die reën val op beide die regverdige en die onregverdige. Die bose ervaar voorspoed. Geregtigheid seëvier selde.
Dit is maklik vir die regverdige om moedeloos te raak. Dit is wanneer tawwe geloof toegepas moet word - die tipe geloof wat nie van omstandighede afhang nie. Dis die tipe geloof wat aanhou selfs wanneer dinge regtig moeilik raak, ‘n geloof vol van vertroue in wat Romeine 8:28 verklaar: “ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk”.
God het nooit belowe dat gelowiges nie swaar sal kry nie. Wat Hy wel belowe is dat Hy daar saam met ons sal wees, om saam met ons deur die moeilike tye te loop. Hy belowe om langsaan ons te wees “As jy deur die water gaan” en “as jy deur die vuur gaan” (Jesaja 43:2). En Hy verklaar dat Hy daar sal wees “Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee” (Psalms 23:4).
Wat is die kwaliteit van jou geloof? Wanneer die lewe moeilik raak, draai jy na God, of bevraagteken jy Hom, of dalk vloek jy Hom selfs? Een van die sleutels om aan te hou wanneer dinge moeilik gaan, is om die beloftes van God se Woord (soos Filippense 4:6-7, 11-13 en 19) te leer en dit te begin eien in gebed wanneer jy gekonfronteer word met die uitdagings van die lewe.
7) Hou ‘n Ewigheids Perspektief - Ons moet in die wêreld wees, maar nie van die wêreld nie (Johannes 17:11 & 16). Dis ‘n moeilike beginsel om te volg. Dit verg ‘n daaglikse stryd.
Dit is so maklik om ons oë van die Here af te haal en eerder op die wêreld waarin ons lewe te fokus. Die druk van wat daagliks van ons verwag word is so groot. En een van die grootste van daardie verwagtinge is dat ons moet aanpas by die wêreld - by die wêreld se taalgebruik, manier van aantrek, vermaak, en beginsels.
Dis waarom ons gereeld in die Woord vermaan word om onsself as “bywooners en vreemdelinge”, wat net deur die aarde beweeg, te sien (Hebreërs 11:13 en 1 Petrus 2:11). Ons word aangesê om te “bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie” (Kolossense 3:2). En ons word gewaarsku om nie lief vir die wêreld te word of gemaklik met dit nie (Romeine 12:2 en 1 Johannes 2:15-16). Jesus sê ons moet “ons lewe haat in hierdie wêreld” (Johannes 12:25), en Sy broer, Jakobus, het gesê “die vriendskap van die wêreld is vyandskap teenoor God” (Jakobus 4:4).
Wat beteken dit om die wêreld te haat? Dit beteken dat ons die bose wêreld sisteem wat heers in die samelewing haat. Ons moet die sisteem wat geweld en immoraliteit verheerlik en die waarde van lewe afbreek en nie hoog ag nie, haat.
Soos C. S. Lewis eens gesê het, “Ons moet lewe soos kommandos in vyandige grondgebied, wat die weg voorberei vir die koms van die Opperbevelhebber.” In ander woorde gestel, in ons lewe moet ons smag na die dag wanneer Jesus gaan kom uit die hemele om vrede, regverdigheid en geregtigheid te bring na die aarde toe.
8) Kyk uit vir Jesus - Dit bring ons by die finale riglyn wat ek graag wil uitlig aangaande hoe om vir Jesus te lewe in die eindtyd. Die Bybel sê duidelik dat ons moet lewe met verwagting en “uitkyk vir Jesus” (Titus 2:13).
Meeste Christene is so vasgevang in die wêreld dat hulle dink aan alles anders behalwe die terugkoms van Jesus. Dit is ‘n hartseer toedrag van sake omdat Jesus se terugkoms ons “salige hoop” (Titus 2:13) is. En Sy terugkoms is op hande.
Nog ‘n probleem is dat meeste Christene so min van die Bybelse profesië weet dat hulle nie opgewonde raak oor die Here se terugkoms nie. Hoe kan jy opgewonde raak oor ‘n gebeurtenis wat jy niks van weet nie? Onkunde veroorsaak apatie.
En apatie oor die Here se terugkoms het tragiese gevolge. Dit steel ‘n ewigheids perspektief van ons, en vernietig enige gevoel van dringendheid om verlore siele te bereik. Dit ondermyn ook ‘n kragtige motiveerder vir ‘n heilige leefstyl.
Want wanneer ‘n persoon werklik glo dat Jesus terugkom en dat dit enige oomblik kan gebeur, dan is daardie persoon gemotiveerd om heiligheid na te streef en om te evangeliseer.
Aangaande heiligheid - die Apostel Johannes het dit so gestel: “maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, ons aan Hom gelyk sal wees…En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is” (1 Johannes 3:2-3). In vers 2 verwys “as Hy verskyn” na Sy wederkoms en “aan Hom gelyk sal wees” na ware gelowiges, wat ook dan verheerlik sal wees.
Aangaande evangelisme - Petrus skryf dat die enigste rede hoekom Jesus nog nie terug gekom het nie is omdat “God wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom” (2 Petrus 3:9).
‘n Geestelike Spieël
Paulus gee ons ‘n geestelike spieël vir hoe om in die eindtye op te tree. Hy sê dat ons moet “goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus” (Titus 2:12-13).
Wat sien jy wanneer jy in hierdie spieël kyk? Loop jy in God se wil? Het jy jou prioriteite so georden dat jy God eerste stel? Staan jy op God se Woord en toets jy alles teen dit? Glo jy in ‘n persoonlike en almagtige God, wat omgee en wat gebede hoor en hulle antwoord, en steeds wonderwerke laat gebeur? Maak jy daagliks staat op die krag van die Heilige Gees? Pas jy tawwe geloof toe, en weier dat die rampe van die lewe jou onderkry? Hou jy ‘n ewigheids perspektief, en weier jy om gemaklik met hierdie wêreld te word? En kyk jy daagliks uit vir Jesus? Is die wegraping in jou hart? Is “Maranata!” op jou lippe?
Hulpbron
Living for Christ in the End Times by Dr. David R. Reagan
Die oorspronklike weergawe van hierdie artikel kan gevind word by https://christinprophecy.org/articles/living-for-christ-in-the-end-times/
In hierdie artikel word die Ou Afrikaanse Bybel vertaling (1933/53) vir alle Afrikaanse bybel aanhalings gebruik.
Kan Bybelse Profesieë vir ons hoop gee?
Deur Dr. David Reagan
Hoop is noodsaaklik vir die lewe. Daarsonder verval mense in diep depressie of pleeg selfmoord of verloor bloot net heeltemal hulle moed vir die lewe.
Tydens die Holocaust was Viktor Frankl, wat later 'n wêreldbekende psigiater geword het, 'n gevangene in een van die Nazi-doodkampe. Hy het opgemerk dat elke jaar soos Kersfees nader gekom het, het ' n oplewing van hoop onder die gevangenes ontstaan dat hulle op Kersdag vrygelaat sou word. Dit was 'n irrasionele hoop, maar dit was hoop. Dan, wanneer Kersfees sou kom en gaan sonder 'n vrylating, sou honderde gevangenes net gaan lê en sterf. Sonder hoop kon hulle nie lewe nie.1Frankl het tot die gevolgtrekking gekom: "Dit is 'n eienaardigheid van die mens dat hy slegs kan lewe deur na die toekoms te kyk."2
'n Desperate Behoefte
Die wêreld het hoop broodnodig in hierdie eindtye. Ons leef in 'n wêreld van toenemende vrese - vrees vir die massa-ontploffing van kernwapens wêreldwyd wat wydverspreide vernietiging en radioaktiewe uitval veroorsaak, vrees vir ekonomiese ineenstorting, vrees vir plae soos vigs, vrees vir terrorisme, vrees vir oorlog, en - natuurlik - vrees vir lewe en dood.
Ons Amerikaanse nasie het hoop nodig. Ons ekonomie het in duie gestort. Mense verloor hul werk. Huise se verbande word opgeroep. Korporasies wat al meer as honderd jaar Amerikaanse ikone is, verklaar bankrotskap. Aftreefondse is uitgewis. Baie mense voel vir die eerste keer in hul lewens 'n gevoel van desperaatheid.
Oral oor soek mense hoop, en dit sluit Christene in. Sommige sal dalk reageer deur te sê: "Christene is die enigstes wat enige hoop het!" Dit is waar, maar die probleem is dat die meeste belydende Christene nie hul hoop verder kan verwoord as 'n vae stelling soos, "My hoop is die hemel" nie.
'n Geïgnoreerde Deug
Ek het eendag tot hierdie besef gekom toe ek Paulus se groot liefdesgedig in 1 Korintiërs 13 gelees het. Dit eindig met die bekende frase: “En nou bly geloof, hoop en liefde - hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde” (1 Korintiërs 13:13).
Terwyl ek aan daardie woorde gedink het, het dit skielik by my opgekom dat ek al honderde preke oor geloof en liefde gehoor het, maar ek kon nie aan een dink wat oor hoop gegaan het nie.
Op daardie oomblik het die Here dit op my hart gelê dat hoop die mees geïgnoreerde van die Christelike deugde is. Ek het dadelik geweet hoekom dit waar is. Dit is omdat hoop direk verband hou met 'n mens se kennis van Bybelse profesieë, en daar is geen onderwerp in die moderne Kerk wat meer geïgnoreer word as profesie nie.
Stop en dink vir 'n oomblik daaroor. Wat is jou hoop? Hoe sal jy dit aan 'n ongelowige verduidelik? Kan jy verby die woorde kom: "My hoop is die hemel"?
My Erfenis
Gedurende die eerste 30 jaar van my lewe het ek byna geen onderrig oor Bybelse profesieë ontvang nie, en ek het met min hoop geleef. As jy my sou gevra het om my hoop te definieer, sou ek jou 'n patetiese antwoord gegee het, meer gebaseer op Griekse filosofie as Hebreeuse teologie.
Ek is geleer dat as ek sterf voordat die Here terugkom, ek “sieleslaap” sou ervaar. Met ander woorde, ek sou in totale bewusteloosheid verval en in my graf lê totdat die Here terugkom. Met Sy terugkeer, is ek geleer, dat 'n "oerknal" sou plaasvind wat die heelal sou laat verdwyn. My siel sou opgewek word, en ek sou weggaan na 'n eteriese wêreld genaamd die Hemel waar ek op 'n wolk rondsweef en vir ewig op 'n harp sou speel.
Vir my was dit 'n donker prentjie. Ek het nie gehou van die idee om vir eeue lank in 'n koma in 'n graf te lê nie. Die idee van ‘n “oerknal” het my bang gemaak. Ek was afgesit deur die idee om 'n soort ontliggaamde gees te word sonder enige individualiteit of persoonlikheid. Ek kon beslis nie opgewonde raak om vir altyd 'n harp te speel nie. Om die waarheid te sê, ek het daardie idee skreeusnaaks gevind.
Want jy sien, ek het grootgeword in 'n kerk wat geglo het dat dit 'n verskriklike sonde is om 'n musiekinstrument in 'n erediens te speel. En tog gaan ons vir ewig harpe in die Hemel speel! Dit het vir my geen sin gemaak nie, so ek het dit as 'n klomp nonsens afgeskryf.
Ek kon niemand blameer behalwe myself nie, want ek het nie God se Woord bestudeer soos ek moes nie. Toe ek dit uiteindelik begin doen het, en die Heilige Gees my begin lei het in 'n studie van Bybelse profesieë, het ek begin om ontdekkings te maak oor die toekoms wat groot hoop in my gees wakker gemaak het. Om die waarheid te sê, ek het so opgewonde geraak oor my ontdekkings dat ek oor die banke begin spring het en aan die kandelare gehang het terwyl ek "Hallelujah!" en "Prys die Here!" geskree het. Mense het gedink dat ek oornag deel van die Pinkster kerk geword het! Maar nee, ek het net sopas God se wonderlike beloftes vir die toekoms ontdek wat ontwerp is om ons hoop in die hede te gee.
Die Misleidende Lering van die Sieleslaap
Die eerste ontdekking wat ek gemaak het, het betrekking op “sieleslaap”. Ek het uitgevind dit is 'n onbybelse konsep. Dit is waar dat wanneer ons sterf, ons liggame metafories "slaap", maar die geeste van die dooies verloor nooit hul bewussyn nie.
Jesus het dit mooi verduidelik in Sy verhaal oor die ryk man en Lasarus (Lukas 16:19-31). Toe hulle gesterf het, het hulle geeste na Hades gegaan. Die ryk man se gees het na 'n kompartement in Hades gegaan wat genoem is “Smarte". Die gees van Lasarus het na die kompartement gegaan met die naam “boesem van Abraham.” Aan die Kruis het Jesus na Abraham se boesem verwys as “Paradys” (Lukas 23:43). Die twee kompartemente is geskei deur 'n “groot kloof” wat nie oorgesteek kon word nie.
In Jesus se verhaal word beide mans uitgebeeld as ten volle bewus. Hulle voer selfs 'n gesprek met mekaar. Hulle siele slaap nie.
Verdere bewyse van bewussyn na die dood kan gevind word in Openbaring 7. Johannes is opgeneem na die Hemel en word 'n toer deur die troonkamer van God gegee. Hy sien “‘n groot menigte … uit alle nasies en stamme en volke en tale,” staan voor die troon van God “bekleed met wit klere” en waai palmtakke in aanbidding (Openbaring 7:9). Hulle is ten volle bewus terwyl hulle sing, “Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!” (Openbaring 7:10)
Johannes wil die identiteit van hierdie mense weet. Hy word vertel dat hulle martelare vir Christus is wat uit die “groot verdrukking” (Openbaring 7:14) kom.
Dit is twee tonele in die Skrif van mense na die dood wat by hul volle bewussyn is.
Paulus se Bevestigings
Die apostel Paulus het bewussyn na die dood bevestig. In 2 Korintiërs 5:8 het hy geskryf dat hy sou verkies om “uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.” Hy het hierdie sentiment herhaal in sy brief aan Filippense waar hy geskryf het, “vir my is die lewe Christus en die sterwe wins” (Filippense 1:21). Hy het uitgebrei oor die betekenis van hierdie stelling deur by te voeg dat sy begeerte was “om heen te gaan en met Christus te wees” (Filippense 1:23). Paulus het nie eers aan die konsep gedink om vir eeue lank in 'n koma in 'n graf te lê nie. By die dood het hy verwag om dadelik by die Here te wees.
Die Intermediêre Staat
My tweede ontdekking was dat ons nie as ontliggaamde geeste bestem is tot 'n eteriese bestaan nie. Onmiddellik na die dood ontvang beide die gereddes en die verlorenes 'n liggaam wat ek 'n "intermediêre gees-liggaam" gaan noem. Ek het dit hierdie naam gegee omdat dit 'n liggaam is wat tussen ons huidige vleeslike liggaam en die uiteindelike, verheerlikte liggaam is, wat heiliges sal ontvang ten tyde van hulle opstanding.
Die Bybel vertel ons nie veel oor hierdie liggaam nie, behalwe dat dit tasbaar en herkenbaar sal wees. In 1 Samuel 28 word ons byvoorbeeld vertel dat koning Saul, in sy rebellie teen God, 'n heks geraadpleeg het. Toe sy probeer het om ‘n demoon gees op te roep het die Here, in plaas daarvan, vir Samuel gestuur wat 'n ruk tevore gesterf het. Die oomblik toe Samuel verskyn het, het beide die heks en Saul hom herken.
Nog 'n voorbeeld van die intermediêre gees-liggaam kan gevind word in Matteus 17 waar die verhaal vertel word van die gedaante verandering van Jesus. Dit was toe dat Sy dissipels 'n blik op Sy komende heerlikheid gegee is. Terwyl hulle hierdie wonderlike gebeurtenis aanskou het, het daar skielik twee mense by hulle verskyn en met hulle begin praat. Dit was Moses en Elia (Matteus 17:1-5).
Bykomende voorbeelde van intermediêre geesliggame kan gevind word in die twee Bybelse tonele wat ek reeds genoem het: Die Ryk Man en Lasarus in Hades (Lukas 16) en die groot verdrukking se martelare in die Hemel (Openbaring 7).
Verheerliking
Wanneer Jesus terugkom, sê die Bybel dat Hy die geeste van die gereddes sal saambring (1 Tessalonisense 4:13-14), Hy sal hul liggame opwek en 'n groot wonderwerk doen en hulle herskep (of hul liggame bewaar, verrot, veras of in die see vergaan het). In 'n oogwink sal Hy hulle geeste met hulle opgewekte liggame herenig en dan hulle liggame verheerlik (1 Tessalonisense 4:15-16), Dan sal daardie heiliges wat lewe, weggeraap (die wegraping) word om die Here in die lug te ontmoet, en hulle sal verander word op pad boontoe (1 Tessalonisense 4:17).
My hele lewe lank het ek mense hoor sê: "Daar is twee dinge in die lewe wat niemand kan vermy nie: die dood en belasting." Daardie stelling is verkeerd. Die enigste ding wat ons nie kan vermy nie, is belasting en nog belasting. 'n Hele generasie gelowiges sal die dood vermy – die generasie wat lewe wanneer die Here terugkom vir Sy Kerk. Dit is geen wonder dat Paulus hierdie groot gedeelte in 1 Tessalonisense afgesluit het deur te sê: “Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde” (1 Tessalonisense 4:18).
Wat is 'n verheerlikte liggaam? Paulus het 'n hele hoofstuk oor hierdie onderwerp in 1 Korintiërs 15 geskryf. Hy het gesê dat ons verheerlikte liggame' n geestelike liggaam sal wees, wat gekenmerk word deur onverganklikheid, heerlikheid en krag (1 Korintiërs 15:42-44). Paulus sê verder dat die verheerlikte liggaam onsterflik sal wees, en as sodanig nie meer aan die dood onderworpe sal wees nie (1 Korintiërs 15:53-55).
Die Aard van die Verheerlikte Liggaam
Paulus het 'n stelling in sy brief aan die mense van Filippi gemaak wat ek dink vir ons 'n raamwerk bied om te help verstaan hoe ons verheerlikte liggame sal wees. Hy het geskryf dat wanneer Jesus terugkom, Hy “ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp” (Filippense 3:20-21). Met ander woorde, ons verheerlikte liggame gaan soos Jesus se opgestane liggaam wees.
Dink vir 'n oomblik daaroor na. Na Sy opstanding het Jesus 'n tasbare liggaam gehad wat aangeraak en herken kon word (Lukas 24:41-43 en Johannes 20:27-28). Mense het aanvanklik gesukkel om Hom te herken, maar dit is verstaanbaar. As jy een dag jou beste vriend begrawe, en hy klop die volgende dag aan jou deur, sou jy hom herken? Sal jy nie aanneem hy is iemand wat soos jou vriend lyk nie? Sodra die dissipels besef het dat Jesus waarlik opgestaan het, het hulle nie meer gesukkel om Hom te herken nie, selfs op 'n afstand (Johannes 21:1-7).
So, Jesus het 'n liggaam gehad soortgelyk aan dié wat ons nou het. Dit was tasbaar en herkenbaar. Dit was ook 'n liggaam wat kos geëet het. Daar word verskeie kere verwys na Jesus terwul Hy saam met Sy dissipels eet, insluitend 'n vismaaltyd aan die kus van die See van Galilea (Lukas 24:30-31, 41-42, en Johannes 21:10-13). Ek moet erken dat ek opgewonde raak wanneer ek hierdie verhale lees van Jesus wat eet, en ook wanneer ek lees dat ons saam met Hom sal eet in die Hemel by die “bruilofsmaal van die Lam” (Openbaring 19:7-9). Ek het hierdie fantasie dat ons alles sal kan eet wat ons wil in ons verheerlikte liggame en nie hoef bekommer te wees oor gewig optel nie! (Dit behoort voldoende te wees om baie van julle aan te spoor om te skree, "Maranata!")
'n Ander Dimensie
Die opgestane liggaam van Jesus was in baie opsigte soortgelyk aan ons s'n, maar daar was ook 'n paar verskille. Dit het gelyk asof Jesus se liggaam kenmerke van' n ander dimensie gehad het, want Hy kon by 'n geslote kamer deur 'n muur ingaan (Johannes 20:26), en Hy kon byna onmiddellik van een plek na 'n ander beweeg (Lukas 24:30-36). Die een oomblik was Hy nog op pad na Emmaus, en die volgende oomblik was Hy in Jerusalem, en daarna verskyn Hy in die Galilea-gebied.
Sy dissipels het so geskrik en was so bang gewees oor Sy vermoë om te verdwyn en skielik weer op 'n ander plek te verskyn, dat hulle gedink het hulle sien 'n gees. Maar Jesus het hulle egter dadelik gerus gestel en vir hulle gesê: "Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.” (Lukas 24:39). Wanneer die Woord sê dat ons verheerlikte liggame sal “geestelik” van aard wees (1 Korintiërs 15:44), beteken dit nie dat ons eteriese geeste sal wees nie. Dit sê dat ons natuurlike liggaam sal as 'n geestelike liggaam opgewek word, nie as 'n gees nie. Ons sal steeds 'n liggaam hê, maar dit sal nie meer deur die ou sondige natuur, die vlees, beheer word nie. Dit sal eerder 'n liggaam wees wat volkome aan die beheer van die Heilige Gees onderwerp het.
Daar is nog een ding wat die Bybel oor die verheerlikte liggaam openbaar wat 'n bron van groot vertroosting behoort te wees. Die verheerlikte liggaam sal 'n volmaakte liggaam wees. Dit beteken dat die blindes sal sien, die dowes sal hoor, die kreupeles sal loop en die stommes sal praat. Diegene wat verstandelik gestremd is, se verstande sal genees wees (Jesaja 29:18-19, 32:3-4, en 35:5-6). Daar sal geen pyn of dood meer wees nie (Openbaring 21:4). God sal “al die trane van hulle oë afvee,”en “ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie” (Openbaring 21:4).
Betekenisvolle Aktiwiteite
My eerste ontdekking was dat daar nie iets soos "sieleslaap" bestaan nie. Ons behou ons bewussyn na die dood. My tweede ontdekking was dat ons nie bestem is om ontliggaamde geeste te wees nie. Ons gaan voort gaan om 'n liggaam te hê - eerstens 'n intermediêre gees-liggaam, en dan 'n verheerlikte liggaam. My derde ontdekking was dat ons nie vir ewig verveeld gaan wees en harpe sit en speel nie. Ons gaan betrokke wees by 'n paar betekenisvolle aktiwiteite.
As jy 'n gelowige is en jy sterf voor die Here se wederkoms, sal jy hemel toe gaan waar jy by aanbidding betrokke sal wees (Openbaring 7:9-14) en diens (Openbaring 7:15). Weliswaar praat die Bybel nie spesifiek oor ons aanbidding en diens nie, maar ons kan verseker wees dat ons beide vervullend en opbouend sal vind. Dit kan ook wees dat dit 'n tyd van rus sal wees, wat ons sal voorberei vir die tyd van kragtige diens wat sal volg, wanneer die Here terugkeer aarde toe.
Oordeel en Belonings
Ten tyde van die Wegraping (heel waarskynlik voor die Verdrukking), sal beide die lewendes en dooies in Christus hulle verheerlikte liggame ontvang. Ons sal saam met die Here in die Hemel wees tydens die Verdrukking. Dit sal die tyd van ons oordeel wees, nie om ons ewige lot te bepaal nie, maar wel ons grade van beloning. Elkeen van ons sal voor die regterstoel van Jesus staan en geoordeel word oor hoe ons ons geestelike gawes gebruik het om Sy koninkryk te bevorder (2 Korintiërs 5:10). Ons werke sal beoordeel word in terme van kwantiteit, kwaliteit en motief (1 Korintiërs 3:13-15 en 4:5). Sommige sal verleentheid ervaar aangesien al hul werke as waardeloos verbrand sal word (1 Korintiërs 3:13-15). Ander sal groot belonings ontvang.
Sommige van die belonings sal verband hou met die mate van heersende gesag wat aan ons tydens die Here se duisendjarige heerskappy toegestaan sal word (Lukas 19:11-27). Ander sal bestaan uit krone en spesiale klere. Daar sal 'n "kroon van geregtigheid" wees vir diegene wat geleef het met verlange na die wederkoms van Jesus (2 Timoteus 4:7-8). ‘n "Kroon van die lewe" sal gegee word aan diegene wat onder beproewing volhard (Openbaring 2:10 en Jakobus 1:12). Getroue ouderlinge en leraars sal ‘n "kroon van heerlikheid"(1 Petrus 5:4) ontvang. Sielewenners sal 'n "kroon van blydskap” (Filippense 4:1 en 1 Tessalonisense 2:19) gegee word. ‘n "Onverwelklike krans" sal gegee word aan diegene wat selfbeheersing uitoefen (1 Korintiërs 9:25). Selfs die klere wat ons ontvang, sal ons grade van beloning aandui. Die klere sal op een of ander manier "die regverdige dade van die heiliges” (Openbaring 19:8) weerspieël.
Aan die einde van hierdie tyd van oordeel, sal ons, die Bruid van Christus, aansit by 'n feesmaal in die Hemel om ons eenheid met ons Bruidegom, Jesus, te vier. Die Bybel noem dit die "bruilofsmaal van die Lam" (Openbaring 19:9). Dit sal 'n tyd van ongeëwenaarde feesviering wees. Die hemele sal weerklink met “Hallelujas!” (Openbaring 19:1-6).
Getuies van Heerlikheid
Wanneer die maaltyd voltooi is, sal ons saam met Jesus terugkeer aarde toe (Openbaring 19:11-14). Ons sal daar wees in ons verheerlikte liggame wanneer Sy voete die Olyfberg raak en daardie berg middeldeur geskeur word (Sagaria 14:1-9). Ons sal daar wees om te skree “Hosanna aan die Seun van Dawid! Hosanna vir die Koning van die konings!” terwyl Hy op Sy wit perd in die Kidron vallei afry en die Oostelike Poort nader. Ons sal daar wees om die bonatuurlike opening van daardie poort te aanskou terwyl dit Jesus in die heilige stad, Jerusalem, verwelkom (Psalm 24:7-8):
7
Hef op julle hoofde, o poorte,
ja, verhef julle, ewige deure,
dat die Erekoning kan ingaan!
8
Wie is tog die Erekoning?
Die Here, sterk en geweldig,
die Here geweldig in die stryd.
Ons sal daar wees om “Halleluja!” te skree wanneer Jesus Koning van die konings gekroon word en Here van die here en so begin Sy heerlike duisendjarige heerskappy.
Die Duisendjarige Vrederyk
Gedurende die Here se heerskappy gaan die Verlostes alles doen behalwe om op wolke rond te sweef en harpe te speel. Ons gaan saam met Jesus regeer oor diegene wat toegelaat word om die Millennium in die vlees binne te gaan (dit sal daardie gelowiges wees wat aan die einde van die Verdrukking nog lewe). Jesus sal van Jerusalem af oor die hele aarde heers (Jesaja 2:1-4) as Koning van die konings en Here van die here (Openbaring 19:16). Dawid, in sy verheerlikte liggaam, sal as koning van Israel regeer (Esegiël 37:24). Diegene van ons wat verheerlikte heiliges sal wees, sal oor die hele aarde versprei wees om te help met Jesus se heerskappy (2 Timoteus 2:12).
Dink daaroor - elke persoon wat dan op aarde in 'n regerende gesagsposisie is, sal 'n verheerlikte heilige wees. Sommige van ons sal in administratiewe posisies wees en in Jesus se heerskappy deel as presidente, goewerneurs of burgemeesters (Lukas 19:11-27). Ander sal as regters dien (1 Korintiërs 6:3). Die meeste van ons sal dien as "herders," of onderwysers, wat probeer om diegene wat gedurende die Millennium gebore is tot geloof in Jesus te bring (Jesaja 66:18-21 en Jeremia 3:15).
Nie een van ons sal as wetgewers dien nie, want die wet sal deur Jesus self gegee word, en dit sal volmaak wees (Jesaja 2:1-4). Daar sal geen Texas Wetgewer of die Kongres van die Verenigde State wees nie. Daar sal ook geen stemmewerwer of politieke partye wees nie.
Die Here sal regeer met "'n ysterstaf" (Psalms 2:9 en Openbaring 2:27). Die wêreld regering sal 'n Teokrasie wees, met Jesus wat as beide die geestelike en politieke leier sal dien. "Ook sal Hy 'n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen die twee bestaan.” (Sagaria 6:13).
Ons sal die voorreg hê om hierdie ou sonde-besmette wêreld te sien bedek word met vrede, reg en geregtigheid, "soos die waters die seebodem oordek" (Jesaja 11:9). Daar sal geen haweloses of honger mense wees nie (Jesaja 65:21-22 en Miga 4:4). Vrede sal die aarde omhul (Jesaja 2:4). Die Here se heerskappy sal gekenmerk word deur geregtigheid, regverdigheid en getrouheid (Jesaja 11:4-5). “Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die Here bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor U aangesig aanbid.” (Psalms 22:28).
Die Ewige Toestand
Die Bybel is nie duidelik oor wat presies ons aktiwiteite sal behels wanneer die duisend jaar eindig en ons in die Ewige Toestand inbeweeg nie, Daar staan net drie dinge: ons sal die aangesig van God sien (Openbaring 22:4); ons sal die Here dien (Openbaring 22:3); en ons sal vir ewig saam met Hom regeer (Openbaring 22:5).
Om die aangesig van God te sien is 'n opwindende vooruitsig, want die Bybel sê dat niemand nog ooit Sy aangesig gesien het nie (Eksodus 33:20 en 1 Timoteus 6:16). Ek glo die belofte om God se aangesig te sien beteken dat ons vir ewig intimiteit met Hom gaan geniet. Baie daarvan sal ongetwyfeld in die vorm van aanbidding wees. Ek dink dit beteken ook dat ons vir altyd sal groei in ons kennis van die Here. Hy is oneindig, en maak nie saak hoe goed ons Hom leer ken nie, daar sal altyd net soveel meer wees vir ons om te ervaar. Ek is seker dat een aspek hiervan die ewige studie van Sy Woord sal wees. Ek raak opgewonde oor dit alles terwyl ek daaraan dink om die Psalms saam met Dawid te sing en die boek van Romeine saam met Paulus te bestudeer.
Wat diens betref, sou ek my voorstel dat ons gawes en talente sal verheerlik word en dat ons dit sal gebruik om die Here te verheerlik. So sal 'n sanger in staat wees om te sing met 'n perfeksie en omvang wat nog nooit tevore bereik is nie, en 'n skilder sal in staat wees om te skilder met 'n volmaaktheid wat hy nog nooit kon bereik het nie.
Om vir ewig saam met die Here te regeer, impliseer dat ons oor iemand sal regeer. Wie dit gaan wees, weet ek nie. Miskien sal dit die geheimsinnige "nasies" wees waarna verwys word in Openbaring wat blykbaar die nuwe aarde bewoon (Openbaring 21:24-27 en 22:2).
Ons Ewige Tuiste
Dit bring my by die vierde en laaste ontdekking wat ek gemaak het toe die Heilige Gees my gelei het na 'n in-diepte studie van Bybelse profesieë. Ek het ontdek dat die Verlostes nie vir ewig in 'n eteriese wêreld genaamd die Hemel gaan lewe nie. Maar eerder, dat ons ewige tuiste op 'n nuwe aarde gaan wees. Die meeste Christene is verstom oor hierdie waarheid, wat wys hoe min oor Bybelse profesieë vandag in die Kerk geleer word.
Die Bybel leer dat die huidige aarde ewig is (Psalm 78:69 en Psalm 148:6), Daarom het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die "nuwe aarde" die huidige aarde sal wees wat deur vuur opgeknap is. Dit is waar dat Petrus gesê het dat die huidige aarde sal "vernietig" word deur vuur (2 Petrus 3:10, 12), maar in die konteks is dit duidelik dat hy na 'n radikale transformasie van die huidige aarde verwys. Hy het vroeër in dieselfde gedeelte, na die oorspronklike aarde verwys en verduidlik dat dit deur water “vernietig” is, Dit was ‘n verwysing na die vloed van Noag. Die aarde van Noag se tyd het nie ophou bestaan nie, maar die vloed het dit “vernietig” in dié sin dat dit die aard van die aarde radikaal verander het – dit om sy as gekantel het, die kontinente uitmekaar geskeur het, die fossielrekords neergelê het, sowel as die mariene organismes wat petroleumneerslae sou word, en die seedieptes en die berghoogtes geskep het.
Aan die einde van die Millennium sal vuur deur God gebruik word om die besoedeling van Satan se laaste opstand weg te brand (2 Petrus 3:12). Te midde van daardie vurige inferno sal God die aarde hervorm soos 'n warm bol was. Hy sal dit verfris en dit tot sy oorspronklike volmaaktheid herstel (Handelinge 3:21). Hy sal dan die nuwe Jerusalem laat neerdaal na die nuwe aarde, met die verlostes daarop (Openbaring 21:1-2). Dan sal Hy self aarde toe kom om vir ewig in ons teenwoordigheid te lewe! "Die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees” (Openbaring 21:3).
Die hemel is waar God woon. Wanneer die nuwe aarde gereed is, sal die Hemel na die aarde toe neerdaal terwyl God op hierdie nuwe aarde Sy intrek neem. So, dit is waar dat die verlostes vir ewig in die Hemel sal lewe, maar die Hemel sal op aarde wees.
Die Verlossing van die Hele Skepping
God het Sy skepping lief, en Hy is van plan om dit te verlos - die ganse skepping - en dit nie met een of ander mistieke "oerknal" te vernietig nie. Jesus het aan die Kruis gesterf nie net om die mensdom te verlos nie, maar ook om die Skepping te verlos. Dit is die rede waarom die Hoëpriester in Ou Testamentiese tye die bloed nie net op die versoendeksel van die Ark gesprinkel het nie, maar ook op die grond voor die Ark (Levitikus 16:15).
Die bloed op die versoendeksel van die Ark was 'n simboliese profesie wat daarop gedui het dat die bloed van die Messias die wet van God (die tablette in die Ark) sou bedek met die genade en barmhartigheid van God. Die bloed op die grond was 'n herinnering daaraan dat die offer van die Messias dit moontlik sou maak dat die vloek opgehef kan word en dat die diere- en planteryke na hul oorspronklike volmaaktheid teruggebring sou kon word (Jesaja 11:6-9 en Romeine 8:18-23).
'n Ongegronde Vrees
Baie mense vrees Bybelse profesieë. Hulle dink dit voorspel net onheil. Dit is waar vir dié wat die Here verwerp het, maar vir diegene wat Hom ken en liefhet, is daar net goeie nuus.
Die laaste hoofstuk van die Ou Testament begin met 'n voorbeeld hiervan - “Want kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek” (Maleagi 4:1). Dit is slegte nuus. Maar in net die volgende vers is ongelooflike goeie nuus vir gelowiges: “Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal” (Maleagi 4:2).
Bybelse profesieë bevat talle wonderbaarlike beloftes wat gegee is om aan God se mense 'n standvastige hoop te gee terwyl hulle as vreemdelinge en pelgrims leef in 'n toenemend bose wêreld wat God verwerp. Wanneer jy hierdie wonderlike beloftes lees, kan jy verstaan hoekom Paulus in 1 Korintiërs 2:9 geskryf het : “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet."
'n God van Hoop
Soos hierdie vers aandui, kan ons nie eers die wonderlike seëninge voorstel wat God vir die verlostes het nie. Maar die volgende vers sê dat die Heilige Gees daardie seëninge aan ons geopenbaar het in God se Woord (1 Korintiërs 2:10). Wat hartseer is, is dat die meeste Christene onkundig is oor daardie beloftes en daarom geen idee het wat Paulus bedoel het toe hy geskryf het: “Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie” (Romeine 8:18).
In Romeine 15:13 het Paulus geskryf : “mag die God van hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees”. Ons God is 'n God van Hoop wat begeer om ons met hoop te vul. As jy Jesus as jou Verlosser ken, is jy 'n erfgenaam van 'n aantal ongelooflike beloftes, en as jy daardie beloftes ken en daarin glo, kan jy in hierdie bose wêreld leef met hoop, vreugde en groot verwagting.
Soos wat die wêreld wat ons op geld gebou het rondom ons in duie stort, laat ons 'n ewigheids perspektief behou met ons hoop stewig gevestig op die spoedige wederkoms van Jesus. Maranatha!
Notas
Hierdie artikel is 'n geredigeerde uittreksel uit Dr. Reagan se boek, Living for Christ in the End Times.
1) Viktor Frankl, Man' s search for meaning (New York, NY: Washington Square Press, 'n afdeling van Simon & Schuster, 1963, hersiene en bygewerkte uitgawe in 1998).
2) Ibid., bladsy 115.
Die oorspronklike artikel kan gevind word by: https://christinprophecy.org/articles/finding-hope-in-the-midst-of-crisis/
In hierdie artikel word die Ou Afrikaanse Bybel vertaling (1933/53) vir alle Afrikaanse bybel aanhalings gebruik.
Deur Dr. David R. Reagan
In 1 Korintiërs 13:13 het die apostel Paulus geskryf dat daar drie kardinale Christelike deugde is - “geloof, hoop en liefde”. Ek het eendag hieroor nagedink, en dit het by my opgekom dat ek al na honderde preke oor geloof en liefde geluister het, maar na baie min oor hoop.
Wat van jou? Kan jy onthou dat jy al 'n enkele preek oor hoop gehoor het? Hoe sou jy jou hoop verwoord? Hoe sou jy dit definieer? Hoe sou jy dit in woorde stel?
Is jy bewus van die feit dat beide die kwaliteit en sterkte van jou hoop direk verband hou met wat jy van Bybel profesieë weet? Dit is natuurlik die rede waarom die meeste Christene so min hoop het. Hulle predikers het God se Profetiese Woord geïgnoreer.
Gebrek aan Hoop
Ek is in 'n Christelike gesin gebore, en ek is in die kerk grootgemaak. Ek is dankbaar dat ek kan sê dat my gesin teenwoordig was elke keer wanneer die kerk se deure oop was - Sondagoggende en aande en Woensdagaande. Asook by elke Vakansie Bybelskool en Evangelie byeenkomste. Tog, na 30 jaar van getroue kerkbywoning, het ek min hoop gehad.
Die predikante in die kerk waarin ek grootgeword het, het selde oor Bybelse profesie gepraat. Gedurende al daardie jare van kerkbywoning het ek nooit een keer die woord, “wegraping” gehoor nie. Nog erger, toe daar oor profesieë gepreek is, is ons eerder Griekse mitologie as Hebreeuse teologie geleer.
Die gevolg was dat as jy my sou vra om my hoop te definieer, ek na al die jare van Bybelonderrig, 'n patetiese antwoord soos die volgende sou gegee het: “My hoop is dat as ek sterf voordat die Here terugkom, my siel sal slaap, en so sal wag vir die opstanding. Wanneer Jesus terugkeer, gaan 'n oerknal plaasvind, wat sal lei tot die uitwissing van die geskape heelal. Op daardie stadium sal my slapende siel wakker word, en ek sal opgewek word om vir ewig saam met die Here te lewe as 'n ontliggaamde gees in 'n eteriese wêreld wat die hemel genoem word. Ek sal my tyd spandeer om op 'n wolk rond te sweef en 'n harp te speel.”
Natuurlik was die belofte van ‘n opstanding die enigste gedeelte van daardie prentjie waarvan ek gehou het. Ek kon nie opgewonde raak daaroor om vir eeue lank in 'n koma in 'n graf te lê nie. Die konsep van ‘n groot ontploffing of “oerknal” het my bang gemaak. Ek was ontsteld oor die idee om my bestaan voort te sit as 'n ontliggaamde gees, 'n eteriese klodder sonder individualiteit.
Ek het die gedagte om vir ewig 'n harp te speel amusant gevind en ook vervelig. Die rede waarom dit my geamuseer het, is omdat die kerk waarna toe ek as ‘n kind gegaan het nie in instrumentale musiek geglo het nie. Om God met 'n instrument te prys, is as 'n sonde beskou. Tog sou ek die ewigheid spandeer om 'n harp te speel! Dit het vir my geen sin gemaak nie, so ek het dit alles as 'n klomp nonsens afgeskryf. Ek het die hele idee by die venster uitgegooi, en daarmee saam, my hoop.
My Ontdekking van Hoop
Jy kan jou dus voorstel hoe opgewonde ek jare later was toe ek God se Profetiese Woord begin bestudeer het, en ek die Here se fantastiese beloftes oor die toekoms begin ontdek het. Ek het oor banke begin spring en van kandelare af geswaai! Mense het gedink ek het oornag deel van die Pinkster kerk geword! Vir die eerste keer het ek opgewonde begin raak oor die toekoms, en my hoop het begin groei.
Kom ek deel met jou van die ontdekkings wat ek in my studie van Bybel profesie gemaak het. Ek dink jy sal hulle opwindend vind, en ek bid dat hulle jou hoop sal bou.
1) Bewussyn— My eerste ontdekking was dat die konsep van sieleslaap onbybels is. Dit is waar dat wanneer ons sterf, ons liggame metafories "slaap", maar die geeste van die dooies verloor nooit hul bewussyn nie.
Dit is duidelik in Jesus se verhaal oor die ryk man en Lasarus (Lukas 16:9-31). Toe hulle gesterf het, het hulle geeste na Hades gegaan. Die ryk man se gees het na 'n kompartement -“pyniging” gegaan. Die gees van Lasarus het na 'n kompartement gegaan waarna verwys word as “Abraham se boesem.” Aan die Kruis het Jesus hierdie kompartement genoem “Paradys” (Lukas 23:43). Die twee kompartemente is geskei deur 'n “groot kloof” wat nie oorgesteek kon word nie.
In Jesus se verhaal word beide mans uitgebeeld as ten volle bewus. Hulle voer selfs 'n gesprek met mekaar. Hulle siele slaap nie.
Paulus het bewussyn na die dood bevestig toe hy geskryf het in 2 Korintiërs 5:8 dat hy sal verkies om “uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.” Hy het hierdie sentiment herhaal in sy brief aan Filippense waar hy geskryf het “vir my is die lewe Christus en die sterwe wins” (Filippense 1:21). Hy het uitgebrei oor die betekenis van hierdie stelling deur by te voeg dat sy begeerte was “om heen te gaan en met Christus te wees” (Filippense 1:23).
Toe Jesus vir die sondes van die mensdom gesterf het, is die Paradys van Hades na die Hemel verskuif. Paulus getuig hiervan in 2 Korintiërs 12:2 en 4 waar hy verklaar dat hy opgeneem is na die “derde hemel” wat hy identifiseer as “Paradys.” Die Verlostes kon nie direk na die Hemel gaan voor die Kruis nie, want hulle sondes was slegs deur hulle geloof bedek, nie vergewe nie. Hulle vergifnis het gewag op die vergieting van die bloed van Jesus (Hebreërs 9:22).
Dit beteken dat wanneer 'n gelowige vandag sterf, sy siel direk na die Hemel geneem word waar hy in 'n intermediêre geesliggaam woon tot die tyd van die opstanding. Gemartelde gelowiges tydens die Verdrukking word in hul geesliggame uitgebeeld waar hulle voor die troon van God staan, geklee in wit klere en waaiende palmtakke (Openbaring 7:1-9). Hulle is ten volle bewus terwyl hulle sing, “Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!” (Openbaring 7:10).
2) Liggame - My tweede ontdekking was dat ons nie as ontliggaamde geeste tot 'n eteriese bestaan bestem is nie. Dit is waar dat ons by die dood 'n intermediêre geesliggaam ontvang wat die Bybel nie in enige detail definieer nie, maar God het belowe dat die Verlostes eendag nuwe verheerlikte liggame sal ontvang.
In 1 Tessalonisense 4:13-18 word ons vertel dat wanneer Jesus terugkom, Hy die geeste sal saambring van diegene wat in Christus gesterf het. Hulle liggame sal in 'n groot wonderwerk van herskepping opgewek word; hulle geeste sal met hulle liggame herenig word; en dan sal hulle liggame verheerlik word. Diegene wat in Christus lewe, sal beweeg word om die Here in die lug te ontmoet. Hulle liggame sal op pad boontoe verheerlik word, sonder om die dood te ervaar.
Wat 'n wonderlike belofte! Dit is geen wonder dat Paulus hierdie gedeelte begin deur te sê dat dit bedoel is om hoop aan gelowiges te gee nie (1 Tessalonisense 4:13). Hy sluit dit af deur te sê : “Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde” (vers 18).
In 1 Korintiërs 15 openbaar Paulus dat die verheerlikte liggaam sal “onverganklik” wees en “onsterflik”. Die liggaam sal opgewek word in “heerlikheid en krag” en sal deur die gees beheer word, eerder as deur die vlees (1 Korintiërs 15:42-44, 52-54). In Filippense 3:21 sê Paulus verder dat die verheerlikte liggame wat aan gelowiges gegee sal word, sal wees soos die liggaam wat Jesus gehad het na Sy opstanding.
Dink vir 'n oomblik daaroor. Jesus het 'n tasbare liggaam gehad wat aangeraak en herken kon word (Lukas 24:41-43 en Johannes 20:27-28). Dit was ‘n liggaam baie soortgelyk aan die liggame wat ons nou het, en tog was dit ook baie anders. Dit kon deur 'n muur 'n geslote kamer binne gaan (Johannes 20:26), en dit kon teen 'n hoë spoed van een plek na 'n ander beweeg (Lukas 24:30-36).
Sy dissipels was so verbaas en bang en het groot geskrik vir Sy vermoë om te verdwyn en skielik weer op 'n ander plek te verskyn dat hulle gedink het hulle sien 'n gees. Maar Jesus het daardie idee dadelik teëgewerk deur vir hulle te sê : “Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie” (Lukas 24:39).
Om op te som, aan die Verlostes word verheerlikte liggame beloof wat tasbaar, herkenbaar en onsterflik sal wees. Verder is die implikasie van 'n "verheerlikte" liggaam dat dit vervolmaak sal word. Die blindes sal sien; die dowes sal hoor; die kreupeles sal loop; en die verstandelik gestremdes se verstande sal genees word. Daar sal geen pyn of dood meer wees nie (Openbaring 20:4).
3) Aktiwiteite— Gedurende die Duisendjarige heerskappy van Jesus, gaan die Verlostes alles behalwe op wolke rond sweef en harpe speel. Ons gaan saam met Jesus regeer oor diegene wat toegelaat word om die Millennium in die vlees binne te gaan (wat daardie gelowiges sal wees wat aan die einde van die Verdrukking nog lewe). Jesus sal van Jerusalem af oor die hele aarde heers (Jesaja 2:1-4) as Koning van die konings en Here van die here (Openbaring 19:16). Dawid sal in sy verheerlikte liggaam regeeer as die koning van Israel (Esegiël 37:24). Die Heiliges sal oor die aarde versprei word om te help met Jesus se heerskappy (2 Timoteus 2:12).
Elke persoon op aarde wat in 'n posisie van regerende gesag is, sal 'n verheerlikte Heilige wees. Sommige van ons sal in administratiewe posisies wees en in Jesus se heerskappy deel as presidente, goewerneurs of burgemeesters (Lukas 19:11-27). Ander sal as regters dien (1 Korintiërs 6:3).Die meeste van ons sal as "herders" of onderwysers dien, wat probeer om diegene wat gedurende die Millennium gebore is tot geloof in Jesus te bring (Jesaja 66:18-21 en Jeremia 3:15).
In die proses gaan ons geseënd wees om te sien hoe hierdie ou wêreld wat siek is van die sonde, oorstroom word met vrede, regverdigheid en geregtigheid terwyl die waters die see bedek. Ek kan skaars wag!
Die Bybel gaan nie in detail in oor wat ons aktiwiteite sal wees wanneer die Millennium eindig en ons in die Ewige Staat inbeweeg nie. Dit sê eenvoudig dat ons God sal “dien” (Openbaring 22:3). Wat dit ook al beteken, ek is seker dat dit 'n sinvolle en vervullende diens sal wees. Ek sou my voorstel dat een van die dinge wat gaan gebeur is dat ons gawes en talente groter gemaak sal word, en dat ons dit sal gebruik om die Here te verheerlik. So sal 'n sanger kan sing met 'n volmaaktheid wat nog nooit tevore bereik is nie, en 'n skilder sal in staat wees om te skilder met 'n glorierykheid waarvan hy nooit eers oor kon droom nie.
4) Ligging— Waar sal hierdie Ewige Staat wees? Wat sal die ligging daarvan wees? Sal dit in 'n eteriese, geesteswêreld genaamd Hemel wees?
Die meeste Christene is verstom om te ontdek dat die Bybel nooit belowe dat die Verlostes die ewigheid in die Hemel sal deurbring nie. In plaas daarvan sê die Bybel dat die ewige woning van die Verlostes in 'n nuwe Jerusalem sal wees wat op 'n nuwe aarde geleë is (Openbaring 21).
Aangesien die Bybel sê dat die huidige aarde ewig is (Psalms 78:69 en 148:6), het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die “nuwe aarde” sal die huidige aarde wees wat deur vuur opgeknap is (2 Petrus 3:12-13).
In plaas daarvan dat ons na die hemel opgaan om vir ewig by God te lewe, sê die Bybel Hy sal aarde toe kom om by ons te woon (Openbaring 21:3). Aangesien die Hemel geleë is waarookal God woon, sal die Hemel aarde toe kom, en slegs in daardie sin sal ons vir ewig in die Hemel woon.
God is lief vir Sy skepping, en Hy is van plan om dit te red, nie om dit met een of ander mitiese “oerknal” te vernietig nie. Hy gaan dit herstel tot die oorspronklike volmaaktheid van toe Hy dit geskep het.
Jesus het aan die Kruis gesterf nie net om die mensdom te verlos nie, maar ook om die skepping te red. Dit is die rede waarom die Hoëpriester in Ou Testamentiese tye die bloed nie net op die versoendeksel gesprinkel het nie, maar ook op die grond (Levitikus 16:15).
Die bloed op die versoendeksel van die ark was 'n simboliese profesie wat daarop gedui het dat die bloed van die Messias God se wet (die tablette binne-in die ark) sou bedek met die barmhartigheid en genade van God. Die bloed op die grond was 'n herinnering daaraan dat die offer van die Messias dit moontlik sou maak dat die Vloek opgehef kon word en dat die diere- en planteryke na hul oorspronklike volmaaktheid teruggebring kon word (Jesaja 11:6-9 en Romeine 8:18-23).
Lewe met Hoop
Wat ek hierbo geskets het, is 'n reeks wonderlike beloftes wat bedoel is om God se mense 'n sterk gevoel van hoop te gee terwyl hulle as vreemdelinge en pelgrims leef te midde van 'n bose, Godverwerpende wêreld (Hebreërs 11:13-16).
Wanneer jy hierdie ongelooflike beloftes lees, kan jy verstaan hoekom Paulus hierdie woorde geskryf het in 1 Korintiërs 2:9 - “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.”
Soos hierdie vers sê - ons kan ons nie eers die wonderlike seëninge voorstel wat God vir die Verlostes beplan nie. Maar in net die volgende vers sê dit dat die Heilige Gees daardie beloftes in God se Woord geopenbaar het.
Dis hartseer dat die meeste Christene onkundig is oor daardie beloftes en daarom geen idee het wat Paulus bedoel het toe hy geskryf het: “Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie” (Romeine 8:18).
As jy Jesus as jou Verlosser ken, is jy 'n erfgenaam van ongelooflike beloftes, en as jy daardie beloftes ken en daarin glo, kan jy te midde van hierdie bose wêreld leef met hoop, vreugde en groot verwagting.
CS Lewis oor Hoop (uit sy boek, Mere Christianity)
Hoop is een van die teologiese deugde. Dit beteken dat 'n voortdurende uitsien na die ewige wêreld nie (soos sommige moderne mense dink) 'n vorm van ontvlugting of wensdenkery is nie, maar een van die dinge wat 'n Christen veronderstel is om te doen.
Dit beteken nie dat ons die huidige wêreld moet los soos dit is nie. As jy die geskiedenis lees, sal jy vind dat die Christene wat die meeste vir die huidige wêreld gedoen het, die was wat die meeste aan die volgende wêreld gedink het. Die Apostels self wat die bekering van die Romeinse Ryk afgeskop het, die vername manne wat die Middeleeue opgebou het, die Engelse Christen manne en vroue wat die slawehandel afgeskaf het. Hulle het almal hul merk op die aarde gelaat, juis omdat hulle gedagtes met die Hemel besig was.
Die Belangrikheid van 'n Ewigheids Perspektief
Dit is vandat Christene grootliks opgehou dink het aan die ander wêreld dat hulle so ondoeltreffend in hierdie een geword het. Mik na die Hemel en jy sal die aarde ook kry. Mik na die aarde en dan kry jy nie een van die twee nie.
Dit klink na 'n vreemde reël, maar iets soortgelyk werk in ander gevalle. Gesondheid is 'n groot seën, maar die oomblik wanneer jy gesondheid 'n hoof fokus van jou maak, begin jy iemand word wat jouself alewig verbeel dat daar iets fout is met jou. Jy sal waarskynlik net gesondheid beleef mits jy ander dinge meer fokus gee. Soos kos, speletjies, werk, pret en tyd in die buitelug spandeer.
Die Verlange na die Hemel
Die meeste van ons vind dit baie moeilik om enigsins na die Hemel te verlang, behalwe wanneer die Hemel beteken dat ons weer ons geliefdes wat al gesterf het gaan sien. Een rede vir hierdie probleem is dat ons nie geleer is om so oor die lewe te dink nie. Ons hele opvoeding is geneig om ons gedagtes op hierdie wêreld te fokus.
Nog 'n rede kan wees dat wanneer ons ‘n werklike behoefte aan die Hemel ervaar, ons dit nie herken nie. Die meeste mense, as hulle regtig geleer het om in hul eie harte te kyk, sou weet dat hulle wel iets wil hê, en dit baie graag wil hê, en dat dit iets is wat nie in hierdie wêreld te kry is nie. Daar is allerhande dinge in hierdie wêreld wat aanbied om dit vir jou te gee, maar hulle kom nooit heeltemal hul belofte na nie.
Die verlange wat in ons ontstaan wanneer ons die eerste keer verlief raak, of vir die eerste keer aan 'n interessante ander land dink, of een of ander onderwerp vir die eerste keer aanpak wat ons opgewonde maak, is verlange wat geen huwelik, geen reis, geen studies, werklik kan bevredig nie. En ek praat nie nou van wat gesien kan word as onsuksesvolle huwelike, vakansiedae of loopbane nie. Ek praat van die wat suksesvol en aangenaam was.
Daar was iets waaraan ons oorspronklik vasgegryp het, in daardie eerste oomblik van verlange, wat net verdwyn in die helder lig van realiteit. Ek dink almal weet wat ek bedoel. Die vrou is dalk 'n goeie vrou, en die hotelle en natuurskoon was dalk fantasties, en chemie is dalk 'n baie interessante loopbaan, maar iets het ons ontwyk.
Die oorspronklike artikel kan gevind word by: https://christinprophecy.org/articles/what-is-your-christian-hope/
In hierdie artikel word die Ou Afrikaanse Bybel vertaling (1933/53) vir alle Afrikaanse bybel aanhalings gebruik.
Is die hele voorverdrukking wegrapings teologie enigsins Bybels? Is daar enige Bybelse basis vir die idee dat Jesus Sy volgelinge van hierdie wêreld kom haal voor die 7 jaar verdrukking?
Is "wegraping" in die Bybel?
Kom ons begin met die woord "wegraping". Word hierdie woord enigsins in die Bybel gevind?
Die waarheid is nee, die woord "wegraping" is glad nie in ons Afrikaanse Bybels nie. Nie eens een keer.
Eintlik is die woord "wegraping" die Engelse weergawe van die Griekse woord "Harpazo" wat "ingehaal" of "weggeraap" beteken. Die woord "Harpazo" word 'n paar keer in die Nuwe Testament gevind en in Engels vertaal as "caught up" soos gesien in 2 Kor 12:2, 4; 1 Tess 4:17, Openb 12:5. Maar net omdat die woord "wegraping" nie in die Bybel voorkom nie, beteken dit nie dat die konsep van die teologie van wegraping onbybels is nie. Dit is net soos die teologie van die drie-eenheid. Die woord “Drie-eenheid” word nie in die Bybel gevind nie, maar 'n noukeurige en omvattende studie van die Skrif, openbaar dat God een persoon in drie vorme is. Ons gebruik net die moderne term “Drie-eenheid” om hierdie baie belangrike en fundamentele Bybelse openbaring oor die identiteit van God uit te druk. Ja, die woord “Drie-eenheid” is nie in die Bybel nie, maar die teologie van die drie-eenheid is sekerlik in die Bybel.
Net so is die woord "wegraping" nie in die Bybel nie, maar 'n noukeurige en omvattende studie van die Bybel, openbaar duidelik dat die wegraping 'n baie belangrike belofte van Jesus aan Sy volgelinge is en daardeur is dit 'n onlosmaaklike deel van die Evangelie van Jesus. Soveel so dat enige begrip van die Evangelie van Jesus Christus sonder die wegraping as hoogtepunt, 'n misverstand of 'n onvolledige verstaan van die Evangelie van Jesus Christus sou wees.
1. Jesus het belowe om terug te kom om Sy getroue volgelinge te kom haal. Met ander woorde ons kan met sekerheid sê dat Jesus self die wegraping belowe het soos gesien in Johannes 14:1-3.
2. Jesus het Sy volgelinge gemaan om voorbereid te wees en gretig te wag om deur Jesus self weggeraap te word. Net soos 'n bruid haarself voorberei en gretig wag vir die bruidegom om haar te kom haal. Matt 25:1-3
3. Jesus sal uit die hemel kom om Sy getroue volgelinge te verlos van die komende toorn van God wat op die aarde sal val en op diegene wat weier om in Jesus te glo – 1 Tess 1:10, Hebreërs 9:28.
4. Gelowiges van Jesus is nie bestem om deur die 7 jaar verdrukking te gaan, die toorn van God op aarde en die verskriklike mishandeling van die Antichris se eenwêreldregering te ervaar nie. Maar hulle is bestem om deur Jesus weggeraap te word en vir ewig saam met Jesus te lewe, net soos 'n bruid saam met haar bruidegom leef – 1 Tess 5:9-11.
5. Wegraping word as 'n "groot verborgenheid" voorgestel en hoe dit gaan gebeur word in fyn besonderhede in 1 Kor 15:51-53 verduidelik. Vir die ongelowiges en spotters van die Bybel bly die wegraping egter steeds 'n groot raaisel. Sodra die wegraping gebeur, sal die hele wêreld skielik in 'n groot globale chaos duik en die wêreld sal nie in staat wees om te begryp wat sopas met miljoene mense gebeur het nie. Hulle sal nie kan verduidelik hoe miljoene mense net in 'n oogwink in die niet verdwyn het nie. Daardeur sal die wegrapingsgebeurtenis vir hulle 'n groot raaisel wees.
6. Verdere besonderhede oor die tydsberekening van die wegraping en die volgorde van gebeure ten tye van die wegraping word verskaf in 1 Tess 4 en 5 wat bewys dat die wegraping gebeurtenis 'n onlosmaaklike deel van die Evangelie van Jesus Christus is. Trouens, ons kan met sekerheid sê dat die wegraping van die gelowiges die hoogtepunt van die kerktydperk en die Evangelie van Jesus Christus is. Daarom is ek vol vertroue dat enige verstaan van die Evangelie van Jesus sonder die wegraping as hoogtepunt, eintlik 'n misverstand van die Evangelie en die Bybel is.
7. Selfs meer uitgebreide en bevestigende besonderhede word gegee oor hoe en waarom die wegraping sal plaasvind voor die openbaring van die Antichris en die voorstel van die 7 jaar verdrukking in 2 Tess 2:1-13. Hierdie gedeelte van die Bybel openbaar duidelik dat die wegraping sal plaasvind voordat die Antichris opkom en sy eenwêreldregering vestig, omdat God nie die Bruid van Christus bestem het om deur die onderdrukking van die Antichris en die toorn van God te gaan nie (1 Tess 1:10, 5:9-11).
8. Die 7 jaar Verdrukking is die 70ste week van Daniël se 70 weke en dit begin met die ooreenkoms tussen die Antichris en Israel wat die Joodse volk toelaat om die 3de tempel te bou (Daniël 9:24-27). Jode sal die Antichris as die ware Messias omhels, maar eers oor 3,5 jaar, wanneer die Antichris teen hulle draai, sal hulle die waarheid ontdek en die groot fout wat hulle gemaak het, besef. Profeet Jeremia verwys na hierdie tydperk as Jakob se uur van benoudheid in Jeremia 30:7. Dit is weereens 'n positiewe bewys dat die kerk nie op aarde is nie, hierdie 7 jaar is God se afspraak met die Joodse volk op aarde.
9. Openb 4:1 gee ons 'n blik op die presiese oomblik van die wegraping van die heiliges voor die 7 jaar verdrukking begin. Later in Openbaring 6 begin die verdrukking. Dit is nog 'n Bybelse bewys van die voorverdrukking wegraping in die Bybel.
10. Laastens, gedurende die 7 jaar van die groot verdrukking op aarde (Openb. 6-19), is die kerk nie op die aarde nie, maar in die hemel en die kerktydperk se heiliges keer terug aarde toe saam met Jesus slegs in Sy fisiese wederkoms soos opgeteken in Openb. 19. Maar in hierdie tydperk, in perfekte ooreenstemming met OT profesieë soos in Daniël en Jeremia, gebruik God nou Joodse mense om die Evangelie te verkondig soos gesien in Openbaring 7 en 11. Deur die bediening van hierdie Joodse dienaars van God, selfs in die tyd van die groot verdrukking, sal menigte mense hulle harte en lewens aan Jesus gee en daarvoor sal hulle deur die Antichris doodgemaak word en hulle sal dan in die Hemel aankom as die martelare van die verdrukking.
Geskryf deur Ps Marko Kiroglu
Ps Marko spesialiseer op Bybelprofesie, eindtye en die Midde-Ooste-politiek vanuit 'n Bybelse oogpunt. In 2003 het God ons stigter Marko Kiroglu geroep om Sy Kerk toe te rus en te bemagtig. Hierdie spesifieke roeping en liefde vir die volgelinge van Jesus Christus is die redes waarom hierdie bediening in 2009 begin het. Sedertdien werk ons daaraan om die Liggaam van Christus te bemagtig met die liefde van God en die Bybelse waarheid en om die Evangelie van verlossing te verkondig d.m.v. Jesus alleen aan talle mense regoor die wêreld.
Ons lewe op geleende tyd.
Deur Dr David R Reagan
Oorspronklike artikel kan gevind word by: http://christinprophecy.org/articles/jesus-is-coming-soon/
Baie mense glo daar is niks wat oor die tydsberekening van die Here se wederkoms geweet kan word nie, want Jesus het gesê Hy sou terugkeer soos 'n "dief in die nag" (Matteus 24:42-44).
Maar Paulus maak dit duidelik in 1 Tessalonisesnse 5:1-6 dat Jesus se stelling nie op gelowiges van toepassing is nie: “Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.” Hy gaan voort om te verduidelik hoekom: “Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.” Paul verwys natuurlik na die lig van die Heilige Gees wat in alle ware gelowiges woon een wat ons deur ons studie van die Skrif kan verlig om die seisoen van die Here se wederkoms te ken. (1 Johannes 2:28)
Trouens, God is deur Sy karakter verplig om die wêreld te waarsku teen die naderende wederkoms van Sy Seun. Die rede is dat Jesus in groot woede terugkeer om te “oordeel en oorlog te voer” (Openbaring 19:11), en God stort nooit sy toorn sonder waarskuwing uit nie.
God wil nie hê dat enige iemand moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering gebring moet word (2 Petrus 3:9). Daarom waarsku God altyd voordat Hy sy toorn uitvoer. Hy het die wêreld vir 120 jaar deur Noag gewaarsku. Hy het Sodom en Gomorra deur Abraham gewaarsku. Hy het Jona gestuur om die heidense stad Nineve te waarsku, en Hy het Nahum 150 jaar later na dieselfde stad gestuur.
Net so waarsku God vandag die wêreld dat Sy Seun op die punt is om terug te keer. Hy roep die wêreld op tot bekering. Die boodskap van die uur aan ongelowiges kan in hierdie woorde saamgevat word: “Vlug vir die toorn wat gaan kom deur nou in die liefdevolle arms van Jesus te vlug.” Jesus het die eerste keer gekom as 'n uitdrukking van God se liefde; Hy het gekom om te sterf vir die sondes van die mensdom. Maar wanneer Hy terugkom, sal Hy in wraak kom om die toorn van God uit te stort oor diegene wat God se liefde en genade verwerp het.
Die spoedige wederkoms van Jesus dra ook 'n boodskap vir gelowiges saam. Louwarm Christinne en vleeslike Christinne word geroep om hulle lewens aan heiligheid toe te wy:
“Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.” Romeine 13:12-14).
God waarsku gelowiges van die spoedige wederkoms van Sy Seun deur middel van wat genoem word “tekens van die tye”. Dit is profesieë oor wêreldgebeure waarna ons aangesê word om op te let, profesieë wat die seisoen van die Here se wederkoms sal identifiseer.
Die Bybel is vol van hierdie tekens. Daar is ongeveer 500 profesieë in die Ou Testament wat
verband hou met die wederkoms van die Messias. In die Nuwe Testament verwys een uit elke 25 verse na die wederkoms van Jesus.
Trouens, daar is soveel tekens dat dit moeilik is om almal te begryp. Die beste manier wat ek gevind het om dit te doen, is om hulle in kategorieë te plaas:
1) Die tekens van die natuur—Ons word aangesê om te let op aardbewings, hongersnood, pessiektes en tekens in die hemele (sien Matteus 24:7 en Lukas 21:11).
Dit is die minste gerespekteerde kategorie tekens om verskeie redes. Vir een ding, baie mense trek eenvoudig hul skouers op en sê: “Daar was nog altyd natuurlik rampe, so wat is nog nuut?”
Let daarop dat Jesus sê hierdie tekens sal wees soos “geboortepyne” ( Matteus 24:8) — dit wil sê, hulle sal in frekwensie en intensiteit toeneem soos die tyd vir Sy wederkoms nader kom. Met ander woorde, daar sal meer intense aardbewings en meer gereelde aardbewings wees. Dit is presies wat vandag gebeur.
Nog 'n rede waarom hierdie tekens min respek geniet, is omdat die meeste Christene so rasionalisties is dat hulle nie regtig in die bonatuurlike glo nie, en hulle vind dit dus moeilik om te glo dat God met die wêreld praat deur tekens van die natuur. Tog leer die Bybel hierdie beginsel van begin tot einde.
God het die wêreld se sonde hanteer deur 'n groot vloed in die dae van Noag (Genesis 6). Hy het die nasie Juda tot bekering geroep deur 'n verskriklike sprinkaan-inval (Joël 1). Net so het
Hy die nasie van Israel opgeroep om hulle te bekeer deur droogte, windstorms, muf, sprinkane, hongersnood en pes te stuur (Amos 4:6-10). Die profeet Haggai het na 'n droogte gewys as bewys dat God die mense roep om hulle prioriteite in orde te kry (Haggai 1:10-11).
Die Nuwe Testament begin met 'n spesiale lig in die hemele wat die geboorte van die Messias aandui (Matteus 2:2). Op die dag wat Jesus gekruisig is, was daar drie ure van duisternis en 'n aardbewing (Matteus 27:45-51). En wanneer Jesus terugkom, sal die aarde die grootste aardbewing in sy geskiedenis ervaar soos elke berg verlaag word, elke vallei verhoog word en elke eiland verskuif word (Openbaring 16:17-21).
God het nog altyd deur tekens van die natuur gepraat, en Hy doen dit vandag nog. Ons moet beter aandag gee aan hulle.
2) Die tekens van die samelewing—Jesus het gesê dat die samelewing toenemend wetteloos en immoreel sal word soos die tyd vir Sy wederkoms nader kom. Trouens, Hy het gesê dat dit so sleg sou word soos dit was in die dae van Noag (Matteus 24:12,37-39).
Paulus skets 'n koue prentjie van die eindtydse samelewing in 2 Timoteus 3:1-5. Hy sê dit sal gekenmerk word deur drie liefdes - die liefde vir self (Humanisme), die liefde vir geld (Materialisme) en die liefde vir plesier (Hedonisme). Hy wys dan daarop dat die uitbetaling van hierdie vleeslike lewenstyl sal wees wat die filosowe Nihilisme noem - dit wil sê 'n samelewing wat in wanhoop wentel. Mans se gedagtes sal verdorwe word (Romeine 1:28), en mense sal kwaad goed noem en goed sleg (Jesaja 5:20).
Ons sien vandag hoe hierdie profesieë voor ons oë vervul word terwyl ons kyk hoe ons samelewing sy Christelike erfenis verwerp en in 'n helse put van wetteloosheid, immoraliteit en wanhoop neerdaal. Nog erger, ons voer ons nihilisme regoor die wêreld uit deur ons immorele en gewelddadige flieks en televisieprogramme.
3) Die Geestelike Tekens—Daar is beide positiewe en negatiewe geestelike tekens waarna ons moet kyk. Die negatiewe sluit in die verskyning van valse christusse en hul kultusse (Matteus 24:5,11,24), die afvalligheid van die belydende kerk (2 Tessalonisense 2:3), 'n uitbreek van satanisme (1 Timoteus 4:1), en die vervolging van getroue Christene (Matteus 24:9).
Hierdie negatiewe geestelike tekens het in die middel van die 19de eeu begin verskyn toe Christelike kultusse begin vorm het. Eers het die Mormone gekom, toe die Jehovah se Getuies, en toe 'n groot verskeidenheid spiritualistiese groepe soos die ‘Church of Christ Scientists’ en die ‘Unity Church’.
Die afvalligheid van die hooflyn Christelike denominasies het in die 1920's begin toe die Duitse skool van hoër kritiek Amerikaanse kweekskole binnegeval en die gesag van die Skrif, wat leer dat die Bybel die mens se soeke na God is eerder as God se openbaring aan die mens.
Gedurende die 1960's het Satanisme op die Amerikaanse toneel ontplof en is sedertdien wêreldwyd uitgevoer deur Amerikaanse flieks, boeke en televisieprogramme. Om in die okkulte te ploeter het alledaags geword in die vorm van astrologie, numerologie, kristalkyk, transendentale meditasie en kanalisering. Die hele tendens het voltrek in die verskyning van die ‘New Age’ Beweging met sy leerstelling dat die mens God is.
Namate die samelewing gesekulariseer het, het ware Christendom toenemend onder aanval gekom. Judeo-Christelike waardes, wat eens die grondslag van die Westerse Beskawing was, word nou openlik bespot, en diegene wat dit steeds aanhang, word deur die media as “onverdraagsame fundamentaliste” gekasty.
Die positiewe geestelike tekens sluit in die verkondiging van die Evangelie aan die hele wêreld (Matteus 24:14), 'n groot uitstorting van die Heilige Gees (Joël 2:28-32), en geestelike verligting om profesieë te verstaan wat “verseël” was tot die eindtyd (Daniël 12:4,9).
Soos met die negatiewe tekens, sien ons hierdie positiewe tekens vervul in ons dag en tyd. Deur die gebruik van moderne tegnologie, is die Evangelie in hierdie eeu regoor die wêreld verkondig, en die Bybel is in alle groot tale vertaal.
Die groot eindtyd uitstorting van die Heilige Gees wat deur die profeet Joël geprofeteer is, het ook begin. Joel het dit genoem “die laat reën” (Joël 2:23), en hy het gesê dat dit sou gebeur nadat die Jode na hul land teruggekeer het. Die staat Israel is in 1948 heringestel. In 1949 het God twee bedieninge gesalf wat 'n wêreldwye impak sou hê — die bedieninge van Billy Graham en Oral Roberts. Toe, in die 60's, kom die Charismatiese Beweging wat vernuwing in aanbidding aangewakker het en klem gelê het op die voortdurende geldigheid van die gawes van die Gees.
Die versnelling in die verstaan van Bybelprofesie het in 1970 begin met die publikasie van Hal Lindsey se boek, ‘The Late Great Planet Earth’. Dit het gelyk of dit oopmaak vir die algemene begrip van baie profesieë wat “verseël” was tot die eindtyd (Daniël 12:4,9). Merkwaardig genoeg het dit die nommer een topverkoper in die wêreld geword – met die enigste uitsondering van die Bybel – vir die volgende tien jaar!
4) Die Tekens van Tegnologie—Die boek Daniël sê dat daar 'n ontploffing van kennis in die eindtyd sal wees en dat mense vinnig sal rondbeweeg (Daniël 12:4). Daar is baie Bybelprofesieë wat nie anders as moderne tegnologie verstaan kan word nie. Byvoorbeeld, hoe kan die hele wêreld na twee liggame kyk wat in die strate van Jerusalem lê (Openbaring 11:8-9)? Moderne televisie-satelliet-tegnologie maak dit maklik. Hoe kan die Vals Profeet 'n beeld bou van die Antichris wat blyk asof dit lewe (Openbaring 13:15)? Die antwoord is natuurlik die wetenskap van robotika. Hoe kan die Vals Profeet van alle mense op aarde vereis om die merk van die Antichris te neem om te koop en te verkoop ( Openbaring 13:16-17)? Dit sou nie moontlik wees behalwe rekenaars en lasers nie.
Jesus het gesê dat die Verdrukking so verskriklik sal wees dat alle lewe op aarde sal ophou bestaan as Hy nie die tydperk verkort nie (Matteus 24:21-22). Hoe kon alle lewe bedreig word voor die koms van kernwapens? Nog 'n verwysing na kernkrag is waarskynlik vervat in Lukas se stelling dat mense in die eindtyd sal “flou van vrees want “die kragte van die hemele sal geskud word” (Lukas 21:26). Dit klink beslis soos 'n verwysing na die splitsing van die atoom.
5) Die tekens van wêreldpolitiek—Die Bybel profeteer dat daar 'n sekere patroon van wêreldpolitiek sal wees wat die eindtyd geopolitieke kaart sal kenmerk.
Die fokus sal die heringestelde staat Israel wees (Sagaria 12:2-3). Dit sal beleër word deur 'n dreigende nasie uit die“afgeleë dele van die noorde,”die nasie van“Rosh”—of hedendaagse Rusland (Esegiël 38:2,6). Daar sal ook 'n dreigende nasie na die Ooste wees wat in staat sal wees om 'n leër van 200 miljoen te stuur - naamlik China (Openbaring 9:13-16 en Openbaring 16:12-13). ’n Derde bron van gevaar vir Israel sal die Arabiese nasies wees wat dit onmiddellik omsingel. Hulle sal die land begeer en probeer om dit van die Jode af te neem (Esegiël 35:10 en 36:2).
Nog 'n sleutelspeler op die wêreldpolitieke toneel in die eindtyd sal 'n koalisie van Europese nasies wees wat 'n konfederasie sal vorm wat gesentreer is in die gebied van die ou Romeinse ryk (Daniël 2:41-44,Daniël 7:7,23-24, en Openbaring 17:12-13). Hierdie konfederasie sal dien as die politieke basis vir die opkoms van die Antichris en die skepping van sy wêreldwye koninkryk (Daniël 7:8).
Ander internasionale politieke tekens sluit in oorloë en gerugte van oorloë (Matteus 24:6), burgeroorloë (Matteus 24:7), en algemene internasionale terrorisme en wetteloosheid (Matteus 24:12).
6) Die tekens van Israel—Die tekens wat verband hou met die staat Israel is volop en baie belangrik.
Die profesie wat die meeste in die Ou Testament herhaal word, is die voorspelling dat die Joodse volk uit die“vier uithoeke van die aarde” in die eindtyd weer by mekaar gemaak sal word (Jesaja 11:10-12). Die Bybel sê dat 'n gevolg van hierdie herversameling die herinstelling van die staat Israel sal wees (Jesaja 66:7-8). Die Skrif sê dat sodra die Jode terug is in hul land, die land self 'n wonderwerk van herwinning sal ervaar (Jesaja 35). Die woestyn sal blom en mense sal uitroep,“Hierdie verlate land het geword soos die tuin van Eden.”(Esegiël 36:35).
Nog 'n eindtyd wonderwerk sal die herlewing van die Hebreeuse taal wees (Sefanja 3:9). Die meeste mense is nie bewus van die feit dat toe die Jode in 70 nC uit hul land verstrooi is, hulle opgehou het om die Hebreeuse taal te praat nie. Die Jode wat hulle in Europa gevestig het, het 'n nuwe taal genaamd Jiddisj ontwikkel - 'n kombinasie van Duits en Hebreeus. Die Jode wat na die Middellandse See-kom migreer het, het 'n taal genaamd Ladino geskep - 'n kombinasie van Hebreeus en Spaans.
Ander belangrike tekens van Israel waarna ons aangesê word om in die eindtyd op te let, sluit in die herbesetting van Jerusalem (Lukas 21:24), die herlewing van Israeliese militêre krag (Sagaria 12:6), en die herfokus van wêreldpolitiek op Israel ( Sagaria 12:3). Al hierdie tekens is in hierdie eeu vervul. Die nasie is hervestig, die land is herwin, die antieke taal is herleef, die Jode is terug in Jerusalem, en Israel is die fokuspunt van wêreldpolitiek.
Jesus sê in Lukas 21:28 dat wanneer hierdie tekens begin gebeur, “kyk dan na bo en hef julle hoofde op” want “julle verlossing kom nader.”
Die belangrikste tekens is dié wat met Israel verband hou, want God gebruik die Jode regdeur die Skrif as Sy profetiese tyds-horlosie. Hiermee bedoel ek dat baie dikwels wanneer die Here 'n belangrike gebeurtenis openbaar wat in die toekoms sal plaasvind, sal Hy verwys na die Joodse volk en stel dat wanneer 'n sekere ding met hulle gebeur, die belangrike gebeurtenis ook sal plaasvind.
’n Goeie voorbeeld van hierdie beginsel kan gevind word in Daniël 9 in die bekende “Sewentig weke van jare” profesie. Die profeet sê vir ons om te kyk vir 'n dekreet wat uitgevaardig word wat die herbou van Jerusalem sal magtig. Hy sê dan dat die Messias nege en sestig weke van jare (483 jaar) sal kom nadat daardie dekreet aan die Joodse volk uitgereik is.
Daar is twee sleutelprofesieë wat die wederkoms van Jesus in verband bring met gebeure wat in die Joodse geskiedenis plaasgevind het sedert 1948. Hierdie twee gebeurtenisse het duidelik die tydperk waarin ons nou leef as die seisoen van die Here se wederkoms vasgestel.
Die eerste is die herinstelling van die staat Israel wat op 14 Mei 1948 plaasgevind het. Jesus het hierdie gebeurtenis uitgesonder as die een wat Sy spoedige wederkoms sou aandui.
Sy profesie is vervat in die vyeboom gelykenis (Matteus 24:32-35) wat Hy in Sy Olyfberg-toespraak aangebied het. Die dag voordat Hy hierdie toespraak gelewer het, het Hy 'n vloek op 'n onvrugbare vyeboom gelê, wat dit laat verdor het (Matteus 21:18-19). Dit was 'n simboliese profesie dat God binnekort Sy toorn oor die Joodse volk sou uitstort as gevolg van hulle geestelike onvrugbaarheid in die verwerping van Sy Seun.
Die volgende dag het Jesus Sy dissipels aan die vyeboom herinner. Hy het gesê om te kyk dat dit weer blom. Met ander woorde, Hy het gesê wag vir die wedergeboorte van Israel. Hy het aangedui dat wanneer die vyeboom weer blom, Hy by die poorte van die Hemel sou wees, gereed om terug te keer (Matteus 24:33).
Ewe betekenisvol, Hy het 'n interessante waarneming bygevoeg:“Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.”(Matteus 24:34). Watter generasie? Die geslag wat die vyeboom sien blom. Ons is daardie generasie. Die vyeboom het geblom. Jesus is by die hekke.
Die tweede sleutelgebeurtenis is deur Jesus in dieselfde toespraak geprofeteer, soos opgeteken deur Lukas: “[Die Jode] sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies (heidinne); en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies (heidinne) vervul is.” (Lukas 21:24).
Die eerste helfte van hierdie profesie is in 70 nC vervul, veertig jaar nadat Jesus die woorde gespreek het. In daardie jaar het die Romeine onder Titus Jerusalem verower en die Jode onder die nasies verstrooi. Jerusalem het vir 1 897 jaar onder heidense besetting gebly - tot 7 Junie 1967, toe Israel die stad terug gewen het tydens die Sesdaagse Oorlog.
Die Joodse herbesetting van die stad Jerusalem is 'n positiewe bewys dat ons in die seisoen van die Here se wederkoms leef. Jesus het gesê dat dit die einde van die heidentydperk sou aandui.
Daar is geen manier om die gevolgtrekking te ontsnap dat ons op geleende tyd leef nie. Die tekens van die tye is op ons, en hulle skree vir ons aandag.
Is jy gereed? As Jesus vandag sou terugkeer, sou Hy jou “Salige Hoop” wees? (Titus 2:11-14) of sou Hy jou “Heilige toorn” wees(Openbaring 6:12-17)? As jy Hom nog nooit as jou Here en Verlosser ontvang het nie, is dit nou die tyd om op te tree. Bekeer julle van julle sondes en roep die Naam van die Here aan dat julle gered kan word (Handelinge 2:14-39).
En as jy 'n Christen is, leef jy asof Jesus enige oomblik kan terugkeer? Het jy jou lewe aan heiligheid toegewy? Bid jy vir die verlorenes en getuig jy vir die Here wanneer jy 'n geleentheid het?
Smag jy na die Here se wederkoms? Kan jy saam met Paulus sê dat jy 'n kandidaat is vir 'n “kroon van die geregtigheid van die Here” want jy het “Sy verskyning liefgehad het.”
(2 Timoteus 4:7-8)?
Die karakter en rol van die Heilige Gees in voorbereiding vir die terugkoms van Jesus.
Deur Dr. David R.Reagan
Aan die begin van die 20ste eeu, ‘n honderd jaar gelede, was die Heilige Gees nie lewend in die Kerk gewees nie. Christendom was vasgevang in die teologie van Deïsme. Deïsme is die geloof dat wonderweke nie meer plaasvind nie, dat alle aspekte van die bonatuurlike (soos engele en demone) tot ‘n einde gekom het, en dat God 'n groot ou man in die lug is, wat bes beskryf kan word as “Die Groot Ek Wat Was.”
Die Kerk is mislei om 'n teologiese argument aan te neem wat veroorsaak het dat die Heilige Gees se vuur onderdruk is. Hierdie argument was gebaseer op 'n stelling in 1 Korintiërs 13:10 :
“Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.”
(“…wat ten dele is” verwys na profesie, tale en kennis.)
Daar is aangevoer dat die “volmaakte” die voltooiing van die volmaakte, onwrikbare Woord van God was. En verder, dat alle bonatuurlike gawes van die Gees, sowel as ander manifestasies van die bonatuurlike, tot ‘n einde gekom het met die voltooiing van die Nuwe-Testament, rondom 95 n.C.
Daarby is tot die argument gevoeg dat gawes van die Gees slegs deur die Apostels, deur die oplegging van hande, aan ander oorgedra kan word. Daarom, toe die laaste Apostel gesterf het (Johannes, in ongeveer 95 nC), het die gawes volgens hulle, opgehou.
Die argumente was goed uiteengesit, maar vol van foutiewe denke. Dit het onderandere nie ooreengestem met die ervaringe van Christene oor baie jare nie. Dwarsdeur die kerk geskiedenis is daar oorvloedige bewyse van geestelike gawes wat ervaar was deur die klein hoeveelheid mense wat daarin bly glo het. Daar was ook groot ontploffings van die bonatuurlike, soos in die kampbyeenkomste aan die Amerikaanse grens in die vroeë 1800's.
Die argument wat gebasseer was op 1 Korintiërs 13:10 het die kontekstuele betekenis van die woord “volmaakte” nie in ag geneem het nie. In konteks verwys die woord na die wederkoms van Jesus. Dit word duidelik gemaak in vers 12:
“Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.”
Die argument het ook die leering van 1 Korintiërs 1:7 geïgnoreer, wat dit duidelik stel dat al die gawes van die Gees opereer totdat Jesus weer terugkom:
“…sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,”
Ten slotte was die argument aangaande die Apostels wat die gawes aan ander oorgee, vals. Dit kon lei daartoe om die gawes van die Gees in gawes van die Apostels te verander. Die Apostels kon hulle hande op mense lê en bid dat hulle sekere gawes sal ontvang, maar die gawes het van die Heilige Gees gekom, nie van die Apostels af nie. Verder, elke mens ontvang ten minste een bonatuurlike gawe van die Gees waneer hulle gered word (1 Korintiërs 12:4-11). Paul het dit so gestel:
“Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.” (1 Korinthiërs 12:7).
Die anti-Heilige Gees mentaliteit van die Kerk in 1900 het ook die duidelike leering van Bybelprofesie geïgnoreer, wat sê dat die eindtye gekenmerk sal word deur 'n groot uitstorting van God se Gees. Die belangrikste bybel verse hieroor word gevind in Joël 2:28-29:
“En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees,
en julle seuns en julle dogters sal profeteer,
julle ou mense drome droom,
julle jongelinge gesigte sien.
En ook op die diensknegte en op die diensmaagde
sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.”
Die Kerk se standpunt in 1900 was dat hierdie profesie op Pinksterdag in 31 n.C. vervul is en nie meer van toepassing was nie. Dat die “laaste dae" met Pinkster begin het toe die Kerk gestig is (Hebreërs 1:2 en 1 Petrus 1:20). Dit is ook uitgewys dat die Apostels self hierdie vers van Joël aangehaal het toe hulle gevra is wat aangaan toe hulle “…begin spreek in ander tale” (Handelinge 2:4 ).
Weereens, hierdie argumente oor Joël 2:28-29 het die konteks van die gedeelte geïgnoreer. Let daarop dat die gedeelte met die woorde, “En daarna sal…” begin. Na wat? As jy terug gaan na verse 18 tot 27, sal jy sien dat die hoofstuk praat oor die her-bymekaarmaking en hervestiging van die Jode in die land van Israel – iets wat nie plaasgevind het tot die 20ste eeu nie.
Die voorafgaande verse praat ook van die uitstorting van die Gees simbolies as die “vroeë reëns en laat reëns” (Joel 2:23), wat verwys na die twee reën seisoene van Israel. Met ander woorde, die profeet het gesê dat daar sal twee groot uitstortings van die Gees wees. Die “vroeë reëns” was op Pinkster en het voortgegaan deur die hele vroeë geskiedenis van die Kerk, soos opgeteken in die boek van Handelinge. Die “laat reëns” sal die terugkeer van die Messias direk voorafgaan. Dit word weer duidelik gemaak in verse 30-31:
“En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom..”
Hierdie is 'n klassieke voorbeeld van die tipe taalgebruik rondom die wederkoms van die Messias.
Ja, die Bybel praat van die Kerktydperk as die laaste dae:
“wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,.” (1 Petrus 1:20).
Waneer die vers verwys na Christene was beskerm word, is dit ook ‘n verwysing na Jesus se wederkoms en die laaste dae.
“…wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.” (1 Petrus 1:5)
en
“…sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;” (1 Petrus 1:7)
Ons is al in die “laaste tye” sedert Pinksterdag. Ons is nou in die laaste deel van die laaste tye.
Joël 2:28-29 het deels op Pinksterdag in vervulling gekom. Die res was nog in die toekoms, in die 1900, awagtend op die “laat reëns” wat een van die tekens sal wees van die Here se spoedige wederkoms.
Die Kerk was sterk gekant teen die Heilige Gees aan die begin van die 20ste eeu. Maar God was gereed om op die toneel te bars met 'n groot beweging van die Gees om die weg voor te berei vir die terugkeer van Sy Seun. Dit het begin in Januarie 1901, by 'n armoedige Amerikaanse skool in Topeka, Kansas, toe 'n student genaamd, Agnes Ozman, die gawe van tale ontvang het. 'n Jaar later het 'n groot Heilige Gees herlewing uitgebreek in die Engelse gebied van Wallis, gelei deur 'n merkwaardige jong man genaamd Evan Roberts. Toe, in 1906, het die Gees met groot krag op 'n tuisbyeenkoms in Los Angeles neergedaal. Die byeenkoms was gelei deur 'n swart prediker genaamd William J. Seymour.
By Seymour se byeenkoms het geestelike gawes gemanifisteer, skouspelagtige genesings het plaasgevind, mense was so heeltemal oorkom deur die teenwoordigheid van die Gees dat hulle op die grond neergeval het, en sondaars is gered. Die byeenkoms het vinnig gegroei en moes na 'n ou gebou in Azusa straat skuif. Daar is elke dag, drie keer per dag, vir amper vier jaar, gepreek!
Die Azusa straat byeenkoms het geboorte gegee aan die Pinksterbeweging. Die laat reëns het begin. Maar die impak hiervan was klein in die Christendom as geheel. Die mense wat die Pinksterbeweging gevolg het is afgeskryf as “Holy Rollers” en hulle godsdiens was gesien as slegs vir bygelowige en onopgevoede mense. Maar hulle het die weg gebaan vir 'n herontdekking van die Gees.
Die laat reëns het eers in 'n stortreën ontaard ná die herversameling van die Joodse volk terug na Israel (1900 -1945) en die herinstelling van die staat (14 Mei 1948). Toe, net soos Joël geprofeteer het, het die hemel oopgegaan en die stortreën neergeval – eers met die salwing van Billy Graham se bediening in 1949 en toe met die ontstaan van die Charismatiese Beweging in die 1950's en 60's.
Vandag is baie van Christendom vasgevang in die Derde Golfbeweging wat uit die Charismatiese Beweging in die 1970's en 80's ontstaan het. Dit bestaan uit kerke wat die bediening van die Heilige Gees ten volle erken, insluitend die belangrikheid van aanbidding wat gelei word deur die Gees, die voortgaande geldigheid van die geestelike gawes, die realiteit van geestelike oorlogvoering, en die belangrikheid van 'n Geesgevulde lewe om daardie oorlogvoering te wen. Maar, anders as die Pinkster en Charismatiese Kerke, lê die Derde Golfbeweging nie klem op die gawe van tale as die teken dat iemand gedoop is in die Gees nie.
Die 20ste eeu was die eeu van die herontdekking van die Heilige Gees. Tog, wydverspreide onkunde en verwarring oor die Heilige Gees is steeds deel van die Kerk. 'n 1997 Navorsings peiling deur die Barna Research Group het getoon dat slegs 40% van Amerikaners in die bestaan van die Heilige Gees glo (teenoor 90% wat in die bestaan van God glo). Maar wat selfs meer verstommend was, was die reaksie van “wedergebore Christene”. Meer as 5 uit 10 wedergebore Christene (55%) het saamgestem dat die Heilige Gees ‘n simbool van God se teenwoordigheid of krag is, maar nie ‘n lewende wese nie! Dit blyk dat Christene gebreinspoel is om te glo dat die Heilige Gees 'n onpersoonlike krag soos "The Force" in Star Wars is.
Waarom is daar so baie voortdurende verwarring oor die Gees? Ek dink dit hou deels verband met die selfuitwissende rol van die Gees. Soos ons later sal sien, is een van die primêre rolle van die Gees om mense na Jesus as Verlosser en Here te wys. Hy trek nie aandag na Homself toe nie. Hy werk agter die skerms. Nog 'n faktor hou verband met die baie simbole wat van die Gees in die Skrif gebruik word — dinge soos wind, reën en vuur. Hierdie simbole blyk na 'n onpersoonlike krag.
Ons Skepper-God is aan ons as ons Vader geopenbaar. Dit is 'n konsep wat ons kan begryp. Jesus het 'n menslike liggaam aangeneem en onder ons geleef. Ons het biografieë oor Hom wat deur ooggetuies geskryf is. Maar vir die meeste mense is die Heilige Gees ‘n vae entiteit wat moeilik is om te begryp. Om die konsep regtig te verstaan voel bykans onmoontlik vir baie mense.
Kom ons kyk vir 'n oomblik na die identiteit van die Heilige Gees. Die eerste ding wat jy in gedagte moet hou, is dat die Gees nooit na verwys word as 'n "dit" nie. Die Gees is nie 'n lewelose voorwerp nie. Die Gees is nie, byvoorbeeld, die Bybel nie, soos sommige beweer. Die Gees is wel intiem verwant aan die Bybel omdat dit die Gees was wat die skrywers van die Bybel geïnspireer het (2 Timoteus 3:16). Die Bybel is die “swaard van die Gees”, nie die Gees self nie (Efesiërs 6:17). Die Gees werk deur die Bybel om mense na Jesus te trek, alhoewel die werk van die Gees nie beperk is tot die getuienis van die Skrifte nie. Die Heilige Gees kan direk tot ons gees getuig (Romeine 8:16).
Die Heilige Gees is 'n persoon. Die Gees word altyd na verwys in die Skrifte as “Hy”. Jesus het verwys na die Gees toe hy gesê het dat Hy, wanneer Hy weggaan, 'n “Helper” (“Paracletos” in Grieks, wat 'n helper of intersessor beteken) gaan stuur. Jesus het bygevoeg,
“Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel” (Johannes 16:7-8).
Vir Jesus was die Heilige Gees “Hy” en nie “dit” nie.
Die Bybel sê dat aan die Heilige Gees gelieg kan word (Handelinge 5:3-4). Dit sê ook dat die Heilige Gees geblus (1 Tessalonisense 5:19) en bedroef (Efesiërs 4:30) kan word. Dis karaktereienskappe van 'n persoonlikheid. Jy kan nie aan 'n stoel lieg nie, of 'n muur uitblus nie, of 'n liglampie treur nie.
Die Heilige Gees is die bonatuurlike teenwoordigheid van God in die wêreld vandag. Paulus het dit so gestel: “Die Here is die Gees” (2 Korintiërs 3:17). Lukas het verklaar dat die Heilige Gees is “die Gees van Jesus” (Handelinge 16:6 -7). Petrus het die Heilige Gees gelykgestel aan God die Vader toe hy aan Ananias en Sapphira gesê het dat hulle vir die Heilige Gees gelieg het (Handelinge 5:3) en hy het ook bygevoeg, “Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.” (Handelinge 5:4). Soos daardie ou beginsel in meetkunde sê: “Dinge gelyk aan dieselfde ding is gelyk aan mekaar.”
Die Heilige Gees is een van die drie persone wat dié Een God uitmaak. Dit is die rede waarom aan ons gesê word om gedoop te word “in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees” (Matteus 28:19). As sodanig is Hy gelyk aan Jesus en die Vader, maar Hy speel 'n ander rol as hulle.
Dit bring ons by die werk van die Gees. Die Heilige Gees het twee rolle — een teenoor die ongelowige en die ander binne die gelowige. Met betrekking tot die ongelowige, is die Heilige Gees, die Vader se Evangelis. Met betrekking tot die gelowige, is Hy die Vader se Pottebakker. Kom ons kyk meer volledig na hierdie twee rolle.
Jesus het die werk van die Gees, met betrekking tot ongelowiges, so opgesom. Hy het gesê dat die Heilige Gees “...sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel” (Johannes 16:8). Die Gees oortuig spesifiek die ongelowiges van hul sonde, maak hulle terdeë bewus van die geregtigheid van Jesus en die oordeel van Satan (Johannes 16:9-11). Die Bybel maak dit duidelik dat geen mens na Jesus kan kom apart van die getuienis van die Heilige Gees nie. Jesus het dit so gestel: “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie” (Johannes 6:44). En hoe trek die Vader ongelowiges na Jesus toe? Deur die Heilige Gees wat van Jesus getuig as die Vader se eniggebore Seun (Johannes 15:26 en Johannes 5:7).
Wanneer 'n persoon reageer op die getuienis van die Gees, deur Jesus as Here en Verlosser te aanvaar, is hy “wedergebore” (Johannes 3 :3), en die Vader gee aan hierdie persoon 'n baie spesiale verjaarsdaggeskenk — die Heilige Gees! Dis reg, die Heilige Gees hou dan op om aan die buitekant te wees en die persoon na Jesus toe te trek. In plaas daarvan, beweeg Hy dan in die persoon in en gaan woon in hom (Romeine 8:9). En waneer Hy dit doen, verander sy rol.
Binne die gelowige, is die Heilige Gees, die Vader se Pottebakker. Sy rol is om elke mens te vorm na die beeld van Jesus (Romeine 8:29 en Galasieërs 4:19), ‘n proses waarna die Bybelverwys as heiligmaking (Romeine 6:22 en 2 Tessalonisense 2:13). Die Gees doen dit deur eerstens aan ons geskenke te gee. Elke persoon, wanneer hy of sy wedergebore word, ontvang ten minste een gawe van die Gees, en soms meer as een (1 Korinthiërs 12:4-11). En as ons goeie rentmeesters van ons gawes is, en dit gebruik om die Here se koninkryk te bevorder, kan ons dalk nog meer geskenke ontvang gedurende ons geestelike wandel saam met die Here.
Die Gees bewerkstellig ook Sy werk van heiligmaking deur ons te lei (Romeine 8:14), ons te vertroos (Handelinge 9:31), te versterk (Filippense 4:13 en 1 Johannes 4:4), vir ons te bid (Romeine 8:26-27), ons aan te moedig (Romeine 15:5), ons te verdedig (Lukas 12:11-12), en ons te verhelder terwyl ons die Woord bestudeer (1 Johannes 2:27).
Die werk van heiligmaking is ‘n lewenslange proses. Dit hou aan totdat ons sterf of ons weggeraap word om die Here in die lug te ontmoet. Die Heilige Gees wil aan ons werkskaf sodat ons meer en meer ingestel is op die beeld van Jesus, omdat die Vader volmaaktheid in ons lewe wil bewerkstellig (Jakobus 1:4 en 1 Petrus 1:13-16). Ja, Hy is 'n God van genade wat ons met al ons onvolmaakthede sal aanvaar, maar Hy begeer dat ons volmaak word (Matteus 5:48).
Dink so daaraan - wanneer 'n kind sy eerste stap neem, is sy pa baie bly. Maar geen pa gaan met daardie een tree tevrede wees nie. Hy sal nie tevrede wees totdat die kind kan loop en dan hardloop sonder om te val nie. Om hierdie rede word Christene die opdrag gegee: “...word met die Gees vervul” (Efesiërs 5:18).
Is jy gevul met die Gees? Is jy in die Gees gedoop? Loop jy in die krag van die Gees?
Die oorspronklike weergawe van hierdie artikel kan gevind word by https://christinprophecy.org/articles/the-holy-spirit-in-the-end-times/